Lyfkameras moet polisiebrutaliteit help stuit

(Foto: Megan Swart/Maroela Media)

Die DA het Donderdag tydens die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie gevra vir die dringende implementering van lyfkameras om polisiebrutaliteit hok te slaan.

Volgens Andrew Whitfield, die DA se woordvoerder oor polisie, het die gewelddadige aanval deur die sogenaamde bloulig-boelies in Julie vanjaar weereens die dringende behoefte beklemtoon om polisiebrutaliteit binne die polisie te pak.

“Die polisie het in 2019 sy voorneme aangekondig om lyfkameras te ontplooi. Vier jaar later, in Mei vanjaar, het minister Bheki Cele gesê dat lyfkameras geprioritiseer word. In die komiteevergadering vandag het die polisie hom weer daartoe verbind om lyfkameras te implementeer, maar wou nie sê teen wanneer nie. Tot op hede is nie ’n enkele lyfkamera deur die polisie aangeskaf of ontplooi sedert hulle dit die eerste keer in 2019 aangekondig het nie,” sê Whitfield.

“Deursigtigheid is die sleutel om aanspreeklikheid te verseker. Die DA glo dat lyfkameras ’n beduidende rol sal speel om deursigtigheid te verbeter en polisiebrutaliteit te beperk.”

Talle politieke partye en rolspelers het oor die afgelope paar jare daarop gehamer dat die gebruik van lyfkameras toekomstige misdadige voorvalle kan verminder of dien as bewyse van strafregtelike oortredings.

Agt lede van die polisie se BBP-beskermingsdienste-eenheid wat daarvan beskuldig word dat hulle weke gelede drie lede van die weermag op die N1-snelweg in Johannesburg aangerand het, het verlede maand groot opspraak gewek.

Dit het weer die kollig laat val op die kwessie van magsmisbruik en polisiebrutaliteit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Marius ·

Dink hulle regtig dit is die oplossing. As jy te sleg is om die werk te doen is daar nie salf te smeer nie.

KB ·

Die ANC is kaddrs is net soos stout kinders…behalwe dat hulle nooit volwasse sal word nie.

Danie ·

In die buiteland is daar al 20 jaar terug sulke kameras en daar is steeds ongeruimdhede wat van SA sal net onder mat gevee word.Net nog n geleentheid vir korrupsie.Dit gaan beslis nie meer of beter diens verseker nie.

miraclealigner ·

Daar is hoeveel videos van die polisie wat mense instruksie gee om videos te verwyder van selfone ens as hulle aanjaag, hoe gaan lyfkameras help?!

Bolandse Nooi ·

Lyfkameras sal sweet blue all help om polie-brutaliteit stop te sit. Lei eerder die regte mense, vir wie die SAP se leuse “servamus et servimus” nog iets beteken, op en rus hul na behore toe met die korrekte toerusting en kennis van nie alleen net kriminele wetgewing nie, maar ook deurlopende fiksheids- en psigometriese toetsing; opgradeer polisiekantore en die SAPD-vloot tot op ‘n aanvaarbare status … Laat BEE en AA uit die rekruteringsproses en stel mense aan wat REGTIG in die polisie wil wees, wat nie net ‘n salaris aan die einde van die maand wil verdien nie. EERS DAN sal die SAPD weer die aansien van die publiek geniet en weer ten volle funksioneel wees.

Lillian ·

Daai kameras sal nóóit werk nie, daar sal altyd ‘n probleem wees, net soos die sektor selfone ‘n gemors is. Daai eerste dag van die nuwe maand bel die lede aan diens al daai geld uit en van daar is die battery pap of die charger lankal weg!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.