Regering móét ingryp by kabeldiefstal

(Foto: Christel Cornelissen)

Transnet het Donderdag ʼn dringende beroep op die regering gedoen om die ongebreidelde diefstal van spoorwegkabel wat die staatsbeheerde onderneming lamlê, te stuit. Transnet sê nie net ontwrig die diefstal dienste nie, dit het ook ʼn geweldig negatiewe uitwerking op die ekonomie.

Die staatsbeheerde onderneming sê die owerhede moet nou hul sokkies optrek en veiligheid verskerp sodat spoorvervoer glad kan verloop – en moet terselfdertyd verseker dat meer vermeende kabeldiewe in die land se howe skuldig bevind word.

Kabeldiefstal is “een van ons grootste uitdagings” en het ʼn “beduidende uitwerking op bedrywighede”, sê Portia Derby, hoof van Transnet, en waarsku dat dit lei dit verminderde uitvoer van steenkool en ander kommoditeite.

Die plundering van krag- en spoorwegkabel om die koper daarin in die hande te kry, is ʼn jarelange probleem in Suid-Afrika. Die owerhede pak boonop die skuld vir die verergerende kragkrisis op dié kabeldiewe wat ook die vervoerstelsel lamlê.

Kabeldiefstal kos die land na raming sowat R50 miljard elke jaar en in ʼn poging om die diefstalle hok te slaan, het die regering laat verlede jaar ʼn verbod op die uitvoer van skrootmetaal ingestel.

Derby het tydens ʼn paneelbespreking in Johannesburg gesê dit lyk egter nie of die uitvoerverbod hond haaraf maak nie.

Meer as 1 500 km se kabel is net verlede jaar by Transnet gesteel, sê Derby. Intussen is net sowat 4% van diegene wat in verband met die diefstalle aangekeer is, in die howe skuldig bevind.

“As ons net die vervolgingskoers kan verhoog, gaan ons reeds veel beter vaar,” sê Derby.

Volgens haar vorm Transnet die logistieke ruggraat van Afrika se mees geïndustrialiseerde ekonomie. Dit bedryf die land se ganse vragspoornetwerk en al die hawens.

Derby sê die maatskappy oorweeg dit ook om na diesel-aangedrewe lokomotiewe oor te skakel om die probleem met treine wat gaan staan wanneer die elektriese kabels gesteel word, te omseil.

“Die enigste manier om ʼn betroubare spoorstelsel te hê, is om treinveiligheid aan die een kant te verbeter, maar ook om te verseker dat die treine kan loop,” sê sy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Wit Leeu ·

Die regering kan nie eers hulle eie bedrog uitsorteer nie. Hoe kan hulle nou kabel diefstal stuit !

Tewis ·

Ek is ń Handyman en kry van tyd tot stukke koper of its dan neem ek di na ń Skrootwerf en die wat ek daar sien en gebeur laat vra by my ontstaan. Soos bevoorbeeld terwyl ek gehelp word om sttukke affal af telaai toe kom daar ń bakkie met lentes 40mm koperpyp blink nuut hulle het dit geweeg en dadelik opgekap met ń masjiem en plat geslaan es toe in sakke gehooi . Dit als het so vinnig gebeur nog voor hulle my betaal het.
Hou waarom kan hierdie aankopers nie onafhanglik besoek word nie? ?

Marthinus Johannes ·

Verban die koop/verkoop van koper skroot total en al. Drastiese vehoging van inspeksies by skroot handelaars en maak hul deure toe as hulle gevang word met koper. Indien nodig stel lokvalle vir hulle.

Mnr De Beer ·

Beste plan wat ongelukkig laaste oorweeg sal word in die land.

Andries ·

Bitter eenvoudig. Verbied alle skroot verkope van enige vorm van koper, alluminium en spoorstawe…

annie ·

Hoe op aarde kan kabels op sulke lang afstande beveilig word in ‘n land met ‘n boef vir elke meter kabel? Dit is die probleem wat die maaligbende in die gesig staar. Dit is nie die grote van die drome wat die kriteria is nie, maar die wil van die mense op die aarde onder die dromers wat die werklikheid uitmaak. Afrika se sluwe selfhelpmentaliteit is die woesterny wat oorkom moet word.

Eden ·

Transnet sorg vir komedie met sulke uitsprake. Ons weet mos wat die regime gaan doen. Boggerol.

Kokerboom ·

Vir jare val versoek op dowe ore dat SAP ALLE skrootwerwe moet registreer en gereeld SONDER kennisgewing monitor. SAP moet ‘n spesiliseenheid skep.

Papsak ·

Ag asb waar sal die geplakte regering diefstal kan keer hulle kan hulle self nie van korrupsie of diestal keer nie hulle hande te los

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.