13-jarige sterf toe taxi, bus bots

‘n 13-jarige seun het in die ongeluk tussen die minibustaxi en bus in Polokwane gesterf. (Foto: ER24)

ʼn 13-jarige seun is dood en 14 ander mense – 13 kinders en ʼn busbestuurder – is Donderdag beseer in ʼn botsing tussen ʼn minibustaxi en ʼn bus in Polokwane.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, sê paramedici van verskeie nooddienste was om 14:14 saam met die polisie, die verkeersdepartement en brandweerdiens op die toneel.

Al die beseerdes het in die minibus gereis, met geen beserings van buspassasiers wat aangemeld is nie.

“Ses kinders het kritieke beserings opgedoen en twee van hulle was [in die voertuig] vasgekeer. Vier ander is ernstig beseer, twee het matige beserings en nog drie geringe beserings opgedoen,” sê Campbell.

Die 36-jarige taxibestuurder was een van die pasiënte wat geringe beserings opgedoen het.

Brandweerlede het ʼn 13-jarige en ʼn negejarige seun uit die wrak bevry. Albei het kritieke beserings opgedoen.

“Die 13-jarige seun het ongelukkig by een van die hospitale aan sy beserings beswyk,” sê Campbell.

Die kinders was vermoedelik almal van dieselfde skool.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sê maar net ·

Hartseer. Seker weer nalatigheid…. en nog ‘n kind sterf…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.