‘Bloulig-boelies’ vanaand nog agter tralies

Skermgreep uit die video op Twitter.

Die agt lede van die polisie se BBP-beskermingsdienste-eenheid wat daarvan beskuldig word dat hulle weke gelede drie lede van die weermag op die N1-snelweg in Johannesburg aangerand het, sal Sondag formeel aangekla word en Maandag in die hof verskyn.

Die onafhanklike ondersoekdirektoraat (Opod) sê die agt geskorste polisiebeamptes is aangesê om Sondag by die Sandton-polisiestasie aan te meld waar hulle na verwagting in boeie geslaan en formeel aangekla sal word.

Die polisiebeamptes se vingerafdrukke sal onder meer vandag geneem word.

Robbie Raburabu, woordvoerder van Opod, sê die agt geskorste polisiebeamptes sal oornag by die polisiestasie in Sandton aangehou word voordat hulle Maandag in die landdroshof in Randburg sal verskyn.

ʼn Storm het begin vandeesmaand losgebars nadat ʼn video van die beweerde aanranding deur die polisielede – almal lede van adjunkpres. Paul Mashatile se presidensiële beskermingseenheid – op sosiale media die lig gesien het.

Daar kan in die video van die voorval gesien word hoe beamptes van die polisie se BBP-beskermingsdienste drie insittendes uit ʼn Volkswagen Polo langs die snelweg pluk voordat dié mans herhaaldelik geskop word. Die polisiebeamptes spring dan terug in hul BMW’s en jaag weg.

Die polisiebeamptes is sedertdien geskors vir hul beweerde aandeel in die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hasie ·

Ja ,als vir die show …môre is hul weer op vrye voet om te maak soos hul wil …

Harley Davidson ·

Dit moes gebeur het direk na die kriminele hulle skuldig gemaak het aan die aanranding, hoekom moet daar altyd druk op die “regering ” geplaas word om die regte ding te doen?

Lillian ·

Sien is glo. Ek glo jare al nie meer wat enige staatsamptenare kwytraak nie.

Jakkie ·

Ek hoop die “ekstra” tyd het die ondersoekbeampte goed gebruik om die saak waterdig te maak. Ek het nie woorde om my misnoë met die voorval te verwoord nie en hoop van harte die betrokkenes kry ordentlike gevangenisstraf en word ontslaan uit die SAPD

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.