Man wat tuinwerk doen, sterf toe kar deur tuin ploeg

(Foto: Rusa)

n 55-jarige man is dood nadat ’n motor hom Sondag in sy tuin in Ottawa, KwaZulu-Natal, getref het.

Volgens Prem Balram, woordvoerder van Reaction Unit South Africa (Rusa), was die man besig om plante buite sy huis te snoei toe die motor deur sy tuin geploeg en hom getref het.

“Rusa het om 13:08 inligting ontvang dat ’n wit Toyota Corolla die pad verlaat en ’n huiseienaar in sy tuin in Sunkerweg getref het,” sê Balram.

“Met beamptes se aankoms op die toneel was die man nog onder die motor vasgekeer.”

Die 68-jarige vroulike bestuurder was in die motor vasgekeer en beamptes het haar uit die motor bevry.

“Volgens die vrou het sy haar bewussyn verloor en beheer oor die motor verloor.”

Die huiseienaar het noodlottige beserings opgedoen. Hy is deur paramedici van ’n private ambulansdiens dood verklaar.

Die bestuurder is op die toneel vir haar beserings behandel.

Konst. Thenjiswa Ngcobo, polisiewoordvoerder, het bevestig die polisie in Verulam ondersoek ‘n saak van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lyon ·

Dis n lewens gevaarlike aktiwiteit om in jou tuin te werk. Maar ja, so is die hele SA onveilig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.