Dié lesers wen kaartjies vir kykNET Buite Ekspo

buite ekspo

Marizka van der Merwe, Christine Kruger, Amelia Möller en Philip de Lange kan uitsien na ʼn adrenalienbelaaide naweek.

Dié gelukkige Maroela Media-lesers het elkeen vier kaartjies gewen vir die kykNET Buite Ekspo wat tussen 28 en 30 Julie weer in die binneland by die Sondela-natuurreservaat en spa net buite Bela Bela (Warmbad) plaasvind.

Dié unieke ekspo is een van die grootste van sy soort in Suid-Afrika en bied iets vir elke sak en smaak, óf jy nou op soek is na jou eerste intreevlak eenmantent, óf wil opgradeer na ʼn luukse woonwa.

Anders as winkels, bied dié ekspo die geleentheid vir kopers om produkte te sien en te ervaar soos wat dit werklik in die natuur gebruik sou word danksy die veilige plaasatmosfeer waarin dit plaasvind.

Hoewel die fokus op die uitstallings is, kan besoekers daarvan verseker wees dat daar iets is wat elke lid van die gesin besig kan hou: van 4×4-ritte en vermaak tot natuurlik die beste buitelewe-produkte.

Rugbyliefhebbers word vanjaar behoorlik bederf danksy die GT Camper Sportpark Ommivuur, waar die bekende Toks en Tjops-aanbieder, Hammilton Wessels, en sy gaste rugby sal gesels en stories vertel.

Natuurlik word die Springbokke se kragmeting teen Argentinië in die Castle Lager Rugby-kampioenskap regstreeks op groot skerms uitgesaai.

Vir die heel eerste keer bied GT Camper in samewerking met Trio Events ʼn kykNET Buite Ekspo-gholfdag aan by die Koro Creek Bushveld-gholflandgoed buite Modimolle.

Dit vind op 26 Julie in aanloop tot die ekspo plaas. Borge en spelers wat belangstel kan ʼn e-pos na [email protected] stuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.