Netbal-wêreldbeker: Spanne in Kaapstad verwelkom

Foto: Twitter via England Netball.

Daar heers groot opgewondenheid in Kaapstad waar Afrika se eerste Netbal-wêreldbeker oor ʼn paar dae afskop. Al die aksie vind plaas by die Kaapstadse internasionale konvensiesentrum (Kiks) vanaf 28 Julie tot 6 Augustus 2023.

Kaapstad het verlede week Vrydag al die deelnemende lande amptelik verwelkom tydens ʼn vlagseremonie waar die vlag van elke deelnemende land gehys is. Al 16 lande het in die Moederstad aangekom en oefensessies duur voort.

Die topspanne Australië, Nieu-Seeland, Engeland, Jamaika en Suid-Afrika is ondersteunersgunstelinge en alle oë is op die Spar Proteas waar hulle ʼn tuisvoordeel geniet.

“Dit is ʼn geskiedkundige oomblik vir die sport, die land, die deelnemers en natuurlik die mense om die Netbal-wêreldbeker op die Afrika-vasteland aan te bied,” sê JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit. “Namens die stad en al die belanghebbendes wat betrokke was om dié toernooi saam te stel, verwelkom ek graag alle deelnemende lande in ons mooi stad. Ons is opgewonde om gasheer te wees vir hierdie betekenisvolle toernooi.”

Suid-Afrika is een van die topgekeurde lande in netbal. Tydens die voorlopige fases ding Suid-Afrika mee teen Jamaika, Wallis en Sri Lanka in Groep C.

Volg die Spar Proteas se wedstryde regstreeks by Kiks of by die amptelike Cape Town Fan Park:

  • Vrydag 28 Julie om 18:00 – Suid-Afrika teen Wallis
  • Saterdag 29 Julie om 16:00 – Suid-Afrika teen Sri Lanka
  • Sondag 30 Julie om 18:00 – Suid-Afrika teen Jamaika

Vir die Kaapstad-gees en netbalaktiwiteite word die publiek aangemoedig om ʼn gratis voldag ervaring te geniet by die Fan Park, geleë tussen Heerengracht- en Buitengrachtstrate by Walter Sisululaan. Daar sal ʼn rits aktiwiteite daagliks wees met vermaak en interaktiewe speletjies vanaf 07:00 tot die laaste wedstryd van die dag.

  • Kaartjies vir die Netbal-wêreldbeker is hier beskikbaar
  • Vir meer besonderhede oor die Netbal-wêreldbeker, klik hier
  • Verskeie paaie sal gesluit word en verkeersvloei sal belemmer word tussen 21 Julie en 7 Augustus 2023. Motoriste word aangeraai om van alternatiewe roetes gebruik te maak wanneer jy deur die middestad moet beweeg. Klik hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hendrik ·

Ek dink nogal die kern van ZA se span is op meriete gekies. Die kaptein (nie soos by die Springbokke) is werklik goed en ZA moes meriete gegaan het om op die hoogste vlakke te kompeteer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.