Twee dae, twee plaasaanvalle in KZN

(Argieffoto)

Twee plaasaanvalle wat die afgelope naweek net meer as ’n dag uitmekaar in sentraal-KwaZulu-Natal plaasgevind het, wek groot kommer onder die KwaZulu-Natalse landbou-unie.

Freddie van Tonder, veiligheidshoof by die KwaZulu-Natalse landbou-unie, sê dit lyk of albei gevalle gemik was op mense wat handel dryf vanaf hul plase.

In die eerste aanval – Saterdag omstreeks 09:00 op die Busy Bend-plaas in die Middelrus-distrik – is die boer, Kevin Taylor (58), en sy gesin oorval en beroof.

Volgens Van Tonder het tussen drie en vyf gewapende mans in ’n wit Toyota Quantum-minibus, waarvan die nommerplaat onbekend is, die plaas betree.

Hulle het die plaashuis se voordeur oopgebreek en twee vroue, onder wie die boer se vrou (55) en ’n jonger vrou (18) wat vermoedelik daar gekuier het, vasgebind.

Taylor en sy seun, Bruce (22), was in daardie stadium buite besig om die vee te voer.

“Met die boer en sy seun se terugkeer na die plaashuis is hulle deur die aanvallers voorgekeer en ook vasgebind,” sê Van Tonder.

“Die aanvallers het geld en vuurwapens geëis. Kevin is aangerand totdat hy die kluis se sleutels aan die aanvallers oorhandig het.”

Die aanvallers het ’n onbekende bedrag kontant, ses vuurwapens, vyf selfone en ander waardevolle items gebuit en daarna gevlug.

“Nog niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.”

Kevin Taylor is na die Netcare St. Anne’s-hospitaal in Pietermaritzburg vir verdere mediese behandeling geneem. Hy het moontlik harsingskudding opgedoen en word vir ’n gebreekte oogkas behandel.

Die tweede aanval het Sondagmiddag in die Dalton-distrik plaasgevind.

Volgens inligting is ’n vrou, wat ’n stalletjie op die plaas bedryf, deur vyf verdagtes aangeval en beroof. Sy is glo met warm water gebrand.

Dit is onduidelik wat, indien enigiets, gebuit is.

“Die verdagtes het tot in nabygeleë suikerrietplantasies gevlug. Die polisie het een verdagte aangekeer en in hegtenis geneem. Die ander vier is nog op vrye voet.”

In albei gevalle het die slagoffers noodoproepe op die plaaslike radionetwerke gemaak, waarop boere, private sekerheidsmaatskappye en die polisie in die omgewing gereageer het.

Van Tonder sê daar was veiligheidskameras op die Taylor-gesin se plaas, maar die aanvallers het die toestelle verwyder en gebreek.

“In albei gevalle was die plase moontlik teikens omdat daar handel gedryf word. Ons het begrip daarvoor dat plase ondernemings is en kan boere ook nie verhoed om op hul plase handel te dryf nie. Maar die oomblik dat jy handel dryf, is ekstra veiligheidsmaatreëls nodig om juis sulke aanvalle te verhoed, hetsy deur middel van sekerheidskameras of -stelsels.

“Die feit dat die plase afgesonder is, vererger die situasie omdat dit die aanvallers meer tyd gee om hul aanval uit te voer en mense erg te besteel en te beroof.

“Hoe dit ook al sy, dit was onnodige aanvalle op ouer mense. Dit was wreedaardig en ’n mens verstaan dit werklik nie.”

Die landbou-unie raai boere ook aan om by plaaslike sekerheidsmaatskappye en boeregemeenskappe in te skakel.

“Ons is uiteraard bekommerd oor die onnodige aanvalle in ons gemeenskap. Daarom doen ons weereens ’n beroep op boere om meer paraat te wees en hul veiligheid op te skerp.”

Maroela Media het ʼn navraag aan die polisie gerig, maar wag nog vir terugvoer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Porseleintjie ·

Mens is siek en sat daarvoor dat die wetsgehoorsame boere die lydende party in SA is. Dit terwyl die misdadiger deur sy eweknië in die regerende party beskerm word. Iewers moet dinge n drastiese wending neem, want hongersnood klop aan die deur.

Lillian ·

Die blote feit dat hulle wéét daar is ‘n kluis is nie toeval nie, hulle het inligting gekry, van binne die huis….. Waar is jou roer my vriend???? In die kluis? Dit help veel

Theuns ·

Presies. Raak ontslae van huishulpe en kyj hoe verminder moorde!
Boere word WAKKER en beskerm jul families en leer hul om self skoon te maak.
Laat wasgoed in dorp was en stryk. GEEN HULPE OP PLAAS!

HPJ ·

Die DA lewer kommetaar oor alles Maar oor dit wat saak maak is hulle stil Dit is n bewys die DA het geen beleid nie behalwe om te kla Die DA is n party wat die land sal tot niet laat gaan sodat hulle aan bewind kan kom en oor die as regeer

Theuns ·

Hul is heeltemal te veel.left overs van cadres om nog waardes te behou.
IVP is openlik en ander is welkom.
Vergeet johnny boy en aunty helin and back!
Talk is da cheap

Groen Ghoen ·

Dit is werklikwaar tragies. Wat is die oplossing? In al hoe meer sekuriteit stelsels en voltydse gewapende wagte? Watter soort lewensgehalte bly dan nog oor?

Janine ·

Ek wil net graag weet waar elkeen wat kommentaar lewer oor MEER sekuriteit, dink die verdomde geld vandaan moet kom…ek meen, regtig!!!

Delia ·

Presies. Misdaadbeheer is n regeringsverantwoordelikheid. Ek is geregistreer by n sekuriteitsmaatskappy, loop rond met n paniekknoppie, het n paniekknoppie in my voertuig laat installeer. Alles op my onkoste……wat nog? Met wie se geld??

Tsek! ·

Maar jy mag nie die wet in eie hande neem nie…wanneer jy klaar moeg geslaan is moet jy polisie bel en twee jaar wag vir hulle om op te daag en dan daarna geen arrestasies te maak nie. En dan moet jy hoor dat dit onveilig is om n lewe te probeer maak vir jouself want jy is n teiken…?!

Theuns ·

Of sterf? Meer wagte, GEEN huishulpe en tuinwerkers, BAIE honde e CHECK DIE CV vAN JUL WERKERS!
Stel nog steeds enige persoon aan omdat hul te lui is om werksgedkiedenis na te gaan.
Boere se laksheid dra by tot probleem

Dieter ·

Alles leuens, daar is mos nie plaasanvalle nie, net gewone misdaad.
Nou het ons ook nie meer n volhoubare weermag nie.
Hoe kan ons dit nog Langer duld?

Papsak ·

Gemors in my oe want hulle kry net nie einde nie waar wil dit stop mmmm

Renier ·

Te veel boere het nog te min of geen veilgheid in plek. Om deesdae boer te wees verg 24/7 paraatheid. Geweer in die kluis is niks werd,hy gaan gevat word. Dit is die nuwe realiteit,nie lekker nie,maar dit is hoe dit vir nou is.

ES ·

Hoeveel boere gaan nog aangeval en vermoor word voordat die res besef dat ‘n vuurwapen in ‘n kluis NIKS beteken nie? Mense maak hulself sagte teikens! Begin ‘n noodaksieplan en oefen dit gereeld met jou familie. Almal moet kan skiet en daar moet ‘n vuurwapen binne jou bereik wees. Hierie is die realiteit waarin ons lewe – wees paraat!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.