Daar is elemente van reisbeskrywings, kortverhale, dagboekinskrywings, briewe, aanhalings uit gedigte, gesprekke tussen die skrywer en sy vrou en les bes besinnings oor die letterkunde.
Alles vir die sleutelwoord "boekresensie"
Boekresensie: Die wet van Gauteng
Die gevoel van spanningsvolle afwagting van of na iets wat net-net buite jou beheer bly, vergesel die leser deur grusame moordtonele, hofprosedures en ander opwindende scenario’s.
Kinderboeke oor katte
Ek het heerlik aan hierdie drie kinderboeke gelees waarin katte die kitaar slaan.
Boekresensie: Doen dit al is jy bang
Sy skryf op ’n reguit en maklik verstaanbare trant en moedig lesers aan om oplettend te wees oor hoe vrees in ons lewens kan werk en ons kan terughou.
Stories vir perdeliefhebbers
Tienermeisies, veral dié wat lief is vir diere (en perde in die besonder), sal sommer hierdie omnibus sommer baie geniet.
Boekresensie: C.J. Langenhoven se spookstories
Ek glo die bundel sal ’n nuwe generasie Langenhoven-lesers aanspoor om hulle verbeelding te gebruik en ook vir Ouma en Oupa te vra om vir hulle stories uit dié se kleintyd te vertel. Daar is sóveel kosbare familiestories wat verlore gaan omdat dit nie opgeteken word nie.
Boekresensie: Kosbaar
Ek het nou maar eenmaal ’n swakheid vir kookboeke, en deesdae s’n is mos kunswerke in die kleine.
Boekresensie: Kortpad-Afrikaans
Dit is nie net taalwerkers wat hierdie taalhulpbron vir taalaanleerders en taalvaardiges van waarde sal vind nie. Enige iemand – leek of kenner – met ’n liefde vir Afrikaans en wat graag hulle taalvaardigheid wil opskerp, sal hierdie boek geniet en gereeld na verwys.
Fantasieryke avontuurverhale
As jy lief is vir fantasieryke avontuurverhale met ’n goeie skeut eer en hart in, sal jy ook baie lekker lees aan hierdie tydlose stories met ’n morele inslag wat vriendskap, lojaliteit, dapperheid, geregtigheid en die seëviering van die waarheid voorop stel.
Boek van die maand: ‘Wit leuen’ deur Ruan Kemp
“Opvallend hoeveel karakters in die roman lag. Dié ligte aanslag waarmee Kemp werk bring nie net verposing in dié see van ellende nie, maar herinner ook aan ‘eilandjies hoop’.”
Boekresensie: Die Vuil Ferdie-reeks
Die stories handel oor situasies waarmee kinders kan identifiseer en lekker oor sal giggel.
Boekresensie: In die tyd van die gif
Dana Snyman is bekend vir sy fyn waarneming en die besondere manier waarop hy na die wêreld en sy mense kyk. Hy het die vermoë om stories te vertel wat lesers in die karakters se leefwêreld insuig.
Boekresensie: Die net is gebreek
Hierdie boek is geskryf vir mense wat nie net as gevolg van die pandemie nie, maar ook weens ander uitdagings en probleme wat oor hulle pad gekom het, weer moet opstaan en aangaan.
Boekresensie: Die Smooie en die Smoue
Hierdie lieflike, verbeeldingryke kinderboek is puik vertaal deur die immergewilde Jaco Jacobs. Hy gebruik lekkersê woorde soos “morrelborrelmeer”, “hoggelboggelbult” en “glompoffels”.
Boek van die maand: ‘Die waarde van stil bure’ deur Zelda Bezuidenhout
In ʼn bespreking van ʼn lekker spanningsverhaal bederf ʼn mens nie leesplesier met die weggee van gegewens oor die verloop van die verhaal nie. Dis die voorreg van die leser om agter die kap van die byl te kom in dié tweede roman van Zelda Bezuidenhout.
Kookboek steel kinderharte
Hierdie kookboek is vir kinders en nie vir grootmense nie! In hierdie oulike boek leer kinders van kosmaak, wiskunde, wetenskap, lees en skryf, aardrykskunde, kuns, geskiedenis en gesondheidsleer.
Boekresensie: ‘Grootgeluk’ deur Jan van Tonder
‘Grootgeluk’ is ʼn verwewing van geskiedenis en fiksie, van die politiek van die dag, van gemeenskapswaardes en van vergrype, van blinde ambisie en noodlottige eenogigheid.
Boekresensie: Kom ons praat oor die huwelik
Die boek is uit ’n onbeskaamde Christelike oogpunt geskryf vir die wedergebore gelowige wat erns maak met God en Hom wil verheerlik deur ’n godvrugtige huwelik te bou.
Boekresensie: Van Humpata tot Upingtonia
Min mense is vertroud met die gebeure rondom Upingtonia. Nicol Stassen keer dat hierdie interessante stuk geskiedenis oor die hardnekkige deursettingsvermoë en onverskrokke durf van ons voorouers vir die nageslag verlore gaan.
Boekresensie: 14 maal moord
Hierdie skrywer het die vermoë om sy lesers te laat gril met sy goed nagevorste bundels moordstories – “14 maal moord” bevat die opspraakwekkende ware verhale van Suid-Afrikaanse moordenaars.