Uitdrukking:
Blou moord skree [na die Engels: cry blue murder]
Betekenis:
Baie hard skree
Waar kom dit vandaan?
Die Engelse blue murder is ontleen aan Frans, maar verdraai. Die Franse uitroep is morbleu! Dit is ‘n sametrekking van mort bleu wat “blou dood” beteken. Dit beteken op sigself ook niks nie, maar die bleu is versagtend gebruik vir Dieu (“God”). Die oorspronklike uitdrukking was dus mort (de) Dieu, dit wil sê “dood van God”.