Christoff Becker, een van die sogenaamde Waterkloof-vier, is na ʼn ander gevangenis oorgeplaas nadat daar verlede naweek ʼn selfoon in sy tronksel gevind is by die Kgosi Mampuru-Sentraal-gevangenis.
Lees meerAlles vir Saterdag 5 April 2014
Video: Nie eers grootvoet kry hulle uit swembad nie
ʼn Video wat wys hoe ʼn olifant water drink uit ʼn swembad by die Elephants Sands-oornagkamp in Botswana terwyl mense doodluiters in die swembad bly sit doen weer die ronde op sosiale media.
Video: Minister beskuldig boere van rassisme
Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, bosbou en visserye, het weer te velde getrek teen Wes-Kaapse boere.
Chinese skip kry sein in Indiese Oseaan
ʼn Chinese skip wat deel vorm van die soektog na die vermiste vliegtuig van Malaysia Airlines het glo Saterdag ʼn sein in die suidelike Indiese Oseaan opgetel.
Baba in hof vir poging tot moord
ʼn Nege maande oue baba het in ʼn hof in Pakistan verskyn op aanklag van poging tot moord.
Foto’s: Walvishaai uit vlakwater gered
ʼn Walvishaai is uit vlakwater gered naby die Stompneusbaai-hawe aan die Weskus, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) Saterdag gesê.
Fabergé-eier van £20 miljoen eindig amper in skrootwerf
ʼn Goue Fabergé-eier ter waarde van £20 miljoen (meer as R350 miljoen) het amper in ʼn skrootwerf opgeëindig.
Drie vas oor rooftogte
Drie mans is in hegtenis geneem in verband met ʼn string rooftogte by sakeondernemings in Sydenham in Durban, KwaZulu-Natal.
EFF-byeenkoms glo met petrolbom ontwrig
Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) beskuldig ANC-ondersteuners daarvan dat hulle ʼn verhoog en ʼn markiestent wat vir ʼn EFF-byeenkoms in Thokoza, suid van Johannesburg, opgestel is vernietig het.
Vermiste vliegtuig: ‘n Stryd teen tyd
Soekspanne is in ʼn stryd teen tyd gewikkel om die vlugopnemers van die vermiste Malysia Airlines vliegtuig te vind, presies vier weke nadat die vliegtuig verdwyn het.
Seun sterf na kwadfiets-ongeluk
Walter Badenhorst (15) is Vrydagmiddag oorlede nadat hy verlede Saterdag ernstig beseer is in ʼn kwadfiets-ongeluk.
Betaal eers voor ons brandstof ingooi
Vulstasies het begin om motoriste te versoek om eers te betaal voor daar brandstof in hul motors gegooi word weens mense wat wegry sonder om te betaal, berig Beeld.
Ma vas oor baba op snelweg
Die sestienmaande oue baba wat byna deur ʼn vragmotor raakgery is toe hy op die N1-snelweg naby die Grasmere-afrit in Gauteng gestap het, se ma is in hegtenis geneem.
Sassa-beamptes in hof vir bedrog
Drie beamptes verbonde aan die maatskaplike sekerheidsagentskap (Sassa) het in die Mkobola-landdroshof in Mpumalanga verskyn op aanklag van bedrog.
ANC sê sy foute word oorskry deur die goeie
Cyril Ramaphosa, adjunkpresident van die ANC, sê die regerende party se foute word oorskry deur die goeie wat die party in die afgelope 20 jaar bewerkstellig het.
Man sterf in motorfietsongeluk
ʼn Man in sy 40’s is dood nadat hy beheer oor sy motorfiets verloor het in Bloemfontein in die Vrystaat.
Man vas na moord op swanger vriendin
ʼn 24-jarige man is in Chesterville in Durban, KwaZulu-Natal in hegtenis geneem in verband met die moord op sy swanger vriendin.
Gedagte vir die dag: By God kan jy tevrede wees
Psalm 131:2 – Ek is tevrede soos ek is. Ek is soos ʼn babatjie wat veilig in sy ma se arms lê. Die wêreld kan…