Sassa-beamptes in hof vir bedrog

court-hammer_thumbDrie beamptes verbonde aan die maatskaplike sekerheidsagentskap (Sassa) het in die Mkobola-landdroshof in Mpumalanga verskyn op aanklag van bedrog.

Kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê die saak is tot 5 Mei uitgestel vir verdere ondersoek. Martha Ndala, Maria Ngwane en Martha Thwala is op borgtog van R2 000 elk vrygelaat. Twee van die verdagtes is Donderdag in KwaMhlanga en Ekangala in hegtenis geneem terwyl die derde verdagte haarself Vrydag aan die polisie oorgegee het.

Die vroue word daarvan beskuldig dat hulle gemeenskapslede gewerf het om deur ʼn middelman vir maatskaplike toelae aansoek te doen. “Na goedkeuring het die middelman die kliënt versoek om die nagenoeg R3 600 te gaan trek,” sê Hlathi. Die beamptes het dan glo R3 000 onder hulle verdeel en R600 vir die kliënt gegee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

alet ·

Kry vir julle alles is mos verniet een skelm vang die ander skelm hoeveel is daar nog wat n mens nie van weet nie. Soek hulle julle sal hulle kry een vir een

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.