Talle motoriste is Vrydagoggend weereens in die verkeer opgehou ná ʼn gedeelte van die R21-snelweg vir verkeer gesluit is nadat twee afsonderlike ongelukke die verkeer gekniehalter het.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "snelweg"
Man vas oor snelweg-diefstal
ʼn Man is Dinsdag in hegtenis geneem op aanklag dat hy ses mense op die N1 suid in Midrand, Gauteng beroof het.
Baba op snelweg: Ma vir ondersoek gestuur
ʼn 19-jarige vrou wie se babaseuntjie op die N1 naby die Grasmere-afrit gestap het, is vir sielkundige waarneming gestuur.
Kameelperd vrek ná noodlottige kopstamp op PTA-snelweg
ʼn Kameelperd is Donderdagmiddag dood toe sy kop ʼn brug op die N1-snelweg in Pretoria getref het terwyl hy op ʼn oop wa vervoer is.
Beeste sterf in botsing
Drie beeste is dood nadat vier motors Vrydag teen hulle gebots het op die N2 in Umgababa naby Winklespruit, KwaZulu-Natal.
Baba loop op N1: Ma aangekla van poging tot moord
Die landdroshof in Vereeniging het Dinsdag ʼn 19-jarige vrou, wie se babaseuntjie op die N1-snelweg naby die Grasmere-afrit in Gauteng gestap het, se aansoek om borgtog goedgekeur.
Ma verskyn in hof oor baba op snelweg
Die 19-jarige ma wat haar sestien maande oue baba langs die N1-snelweg naby die Grasmere-afrit in Gauteng gelos het, het vandag in die Vereeniging-landdroshof verskyn.
Ma in hof oor baba op snelweg
Die ma van ʼn sestien maande oue babaseun wat byna deur ʼn vragmotor raakgery is toe hy alleen op die N1-snelweg in Gauteng gestap het, verskyn na verwagting Maandag in die Vereeniging-landdroshof.
Ma vas oor baba op snelweg
Die sestienmaande oue baba wat byna deur ʼn vragmotor raakgery is toe hy op die N1-snelweg naby die Grasmere-afrit in Gauteng gestap het, se ma is in hegtenis geneem.
N1 oopgestel ná ontploffing; polisielid verloor been
Die N1-snelweg naby Mokopane (Potgietersrus) in Limpopo is Saterdag weer oopgemaak nadat ʼn vragmotor ná ʼn ongeluk op die snelweg ontplof het.
Foto’s: M1-snelweg in JHB gesluit ná kar uitbrand
Die M1-noord in Johannesburg net voor die Grayston-afrit is Vrydag gesluit nadat ‘n voertuig aan die brand geslaan het.
Foto’s: Ongeluk eis 2; kettingbotsing nog 1
Skaars ʼn paar ure nadat twee bejaardes Donderdag in ʼn botsing op die N4-snelweg in die ooste van Pretoria dood is, is twee mense op dieselfde pad beseer in ʼn kettingbotsing waarin vyf voertuie betrokke was.
Foto: Bejaardes sterf in N4-botsing
Twee bejaardes is dood en twee mense is ernstig beseer tydens ʼn ongeluk wat Donderdagmiddag op die N4-snelweg in Pretoria naby die Watermeyer-afrit plaasgevind het.
Man gevonnis wat klip van brug af op snelweg gooi
ʼn Man wat ʼn klip van ʼn brug oor die N1-snelweg in Pretoria op ʼn voertuig gegooi en ʼn ongeluk veroorsaak het, is in die Pretoria-streekshof skuldig bevind op ʼn aanklag van poging tot moord, het Beeld Vrydag berig.
Foto’s: PTA-snelweg gesluit ná vlugtende man onder trok beland
Die N1-snelweg in Pretoria is Woensdag by die Atterbury-afrit in ʼn noordelike rigting gesluit nadat ʼn voetganger deur ʼn petroltenkwa doodgery is.
Foto’s: Digte mis veroorsaak chaos op N4
Digte mis op die N4-snelweg het Vrydagoggend chaos veroorsaak en vermoedelik tot ʼn kettingbotsing gelei waarin ʼn bejaarde vrou dood is en 15 voertuie betrokke was.
Gautengse hoofweë kom dalk Vrydag tot ʼn stilstand
Die vakbondfederasie Cosatu dreig om Vrydag verskeie hoofweë in Gauteng tot ʼn stilstand te bring om teen die provinsie se voorgestelde e-tolstelsel te betoog.
Dubbeldekker-snelweg oorstroom in JHB
Motoriste moet glo die dubbeldekker M1 suid van Newtown in Johannesburg vermy omdat die pad laat Vrydagmiddag deur reën oorstroom is.