Ford het Maandag om verskoning gevra vir ‘n reeks Indiese advertensies waar ‘n bekende persoonlikheid in ‘n motor wegry met vroue wat agterin die kattebak vasgebind en se monde toegeplak is.
Lees meerAlles vir Vrydag 29 Maart 2013
Twee verdrink oor afstandbeheerde bootjie
Twee mans het Vrydag in ‘n dam naby Brakpan verdrink toe hulle ‘n klein afstandbeheerde bootjie wou terugkry.
Vrou val verkragter aan
Die polisie is op soek na ‘n man wat beseer is toe hy Vrydagoggend in Kimberley ‘n vrou aangeval en verkrag het.
Dubbeldekker-snelweg oorstroom in JHB
Motoriste moet glo die dubbeldekker M1 suid van Newtown in Johannesburg vermy omdat die pad laat Vrydagmiddag deur reën oorstroom is.
224km/h want hy was “kwaad vir sy meisie”
‘n 28-jarige man wat glo vies was vir sy meisie het Vrydag teen 224km/h op die N1 naby die Grasmere-tolplaza gery.
Video: Kaapse whisky beste enkelgraan-whisky in die wêreld
‘n Whisky-stokery in Wellington in die Wes-Kaap het liefhebbers gaande.
Video: Barmhartige samaritaan spring op treinspoor om man te help
Die vervoerpolisie in Philadelphia, Amerika, eer ‘n plaaslike man as ‘n held nadat hy op die moltrein se spoor gespring het om ‘n man, wat van die platform afgeval het, te help.
BBC sê jammer oor “Gay Marriage”
Die BBC het om verskoning gevra aan Rufus Lekala, Transnet se hoof hawemeester, nadat hulle per ongeluk sy naam as “Gay Marriage” tydens ‘n onderhoud uitgesaai het.
Paaie stiller oor Paastyd
Die paaie, insluitend een van die besigste paaie tussen Gauteng en Limpopo, is glo nie so besig oor die Paasnaweek as wat vroeër verwag is nie.
Seacom-kabel nog steeds nie herstel nie
Die kabelmaatskappy Seacom doen steeds herstelwerk aan die beskadigde ondersese kabel wat internetdienste onderbreek het.
Madiba in goeie luim; bekendes stuur hul wense
Voormalige president Nelson Mandela is in ‘n “goeie luim” tydens sy hospitaalbesoek om behandeling te ontvang vir ‘n herhalende longinfeksie.
Kinders brand glo 25 karre af
‘n Brand wat dosyne voertuie Vrydag in Woodmead vernietig het, is glo deur twee kinders begin.
Video: Rugbymuseum geopen, kapteins vereer
Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie wil die foute wat hy tydens die apartheidsjare gemaak het, regstel, en terselfdertyd ook die hoogtepunte van Springbokrugby aan die wêreld wys.
Video: Dinge gaan nou goed in Pelgrimsrus
Inwoners van Pelgrimsrus in Mpumalanga het weer nuwe hoop nadat hulle enkele maande gelede in sak en as was.
162 dronkbestuurders in JHB vas
162 dronkbestuurders is voor die langnaweek by nege padblokkades regoor Johannesburg in hegtenis geneem.
Nuuskommentaar: Paasfeesklokke
Die Paasfees is vir baie Christene selfs belangriker as Kersfees.
Kaapstad maak ommekeer oor Sondag-drankwet
Die Stad Kaapstad het op die nippertjie ‘n mosie ingedien om ‘n artikel van ‘n nuwe drankwet, wat die verkope van drank op Sondae verbied, te wysig.
“Jy kan nie sing nie” toe dreig hy met ‘n bom
‘n 70-jarige man van Japan was só ontsteld dat ‘n televisie-talentprogram hom verwerp het, dat hy glo gedreig het om die program se uitsaaier op te blaas.
Burgemeesters verwerp Kaapse wynlande-tolprojek
Verskeie burgemeesters van die Wes-Kaap het Donderdag onderneem om aan die stryd teen die e-tolstelsel in dié provinsie deel te neem.
Twee vas ná moord op polisieman
‘n Man is Donderdag tot 18 jaar tronkstraf gevonnis deur die Bergville-landdroshof nadat hy ‘n polisieman doodgeskiet het.