Zwelinzima Vavi, die geskorste hoofsekretaris van Cosatu het vandag hofdokumente by die Johannesburgse Hooggeregshof ingehandig waarin hy aansoek doen om as ’n party by Numsa se saak teen Cosatu gevoeg te word. Hy het ook versoek dat sy skorsing as hoofsekretaris van die vakbondkonfederasie ter syde gestel word.
Lees meerAlles vir Vrydag 13 September 2013
“Modimolle-monster” verlof tot appèl-aansoek van die hand gewys
Regter Bert Bam het het vandag Johan Kotze, Andries Sithole, Pieta Mohlake en Sello Mphaka se verlof tot appèl-aansoek in die Pretoriase Hooggeregshof van die hand gewys.
Video: Hond red kind van mishandeling
Benjamin en Hope Jordan se hond het hul sewe maande oue baba van die mishandeling van ʼn kinderoppasser gered.
Polisie stuit klopjagte op Mandela-liefdadigheidsorganisasies
Senior bestuurslede van die polisie het ʼn stokkie gesteek voor beplande klopjagte op liefdadigheidsorganisasies wat verband hou met oudpresident Nelson Mandela, het die Mail & Guardian Vrydag berig.
Doodstraf vir verkragter-moordenaars
Die vier mans wat daaraan skuldig bevind is dat hulle ‘n 23 jarige fisioterapeut verkrag, aangerand en van ‘n bus afgegooi het, is in New Delhi die doodstraf opgelê.
Kar skeur in twee ná trompop botsing met trok
ʼn 26-jarige man is dood nadat sy voertuig Donderdagaand ʼn vragmotor reg van voor naby Grabouw in die Wes-Kaap getref het.
Score my ‘n gwai
deur Marlize Hobbs Ek is Miesa, die sussie van Harry en Barend. Die dogter van Betta en Wilhelm. Van die Louwna-omgewing anderkant Vryburg. Van die…
Man vas wat glo kleuter verkrag en ophang
Die Gautengse polisie het moontlik die man vasgetrek wat verantwoordelik was vir die verkragting en moord op ʼn kleuter van Gauteng. Kapt. Mega Ndobe het…
Uitdrukking: ‘n Smulpaap
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die Afrikaanse uitdrukking ” ‘n Smulpaap”.
Foto’s: Miskruiers sorg vir IG Nobelprys vir Wits-prof
Prof. Marcus Byrne, ʼn wetenskaplike aan Wits Universiteit, het die tweede Suid-Afrikaner geword toe hy Donderdagaand tydens die 23e jaarlikse IG Nobelprys-sermonie ʼn toekenning ontvang het vir sy navorsing oor miskruiers.
Man gevonnis wat klip van brug af op snelweg gooi
ʼn Man wat ʼn klip van ʼn brug oor die N1-snelweg in Pretoria op ʼn voertuig gegooi en ʼn ongeluk veroorsaak het, is in die Pretoria-streekshof skuldig bevind op ʼn aanklag van poging tot moord, het Beeld Vrydag berig.
Resep: Ma Henna se lui-huisvrou-beskuit
Maklike resep sodat die “lui huisvrou” ook beskuit kan bak!
Sirië-gifgasarsenaal glo versprei
Die VSA weet van sowat ‘n 1 000 ton chemiese en biologiese wapens waaroor Sirië sou beskik, maar dit kan volgens die waarnemers meer wees.
Sanral van ‘diefstal’ aangekla
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het glo onlangs geld uit ʼn hele paar motoriste se rekenings onttrek wat reeds vir e-tolskyfies geregistreer het, alhoewel die e-tolstelsel nog nie in Gauteng in werking is nie.
Snoerwet se besluit verwelkom
Verskeie organisasies het President Jacob Zuma se besluit om die omstrede wetsontwerp op die beskerming van staatsinligting na die parlement terug te verwys, verwelkom.
Gedagte vir die dag: Pragtige skaamteloosheid
Skrif: “Jesus antwoord: ‘Ek is net na die verlore skape van die volk Israel toe gestuur.’ Maar die vrou kom kniel voor Hom en sê: ‘Here,…
Brand verwoes medisynefabriek
Nagenoeg 32 brandbestryders het Donderdagaand gespook om ʼn brand te blus wat by ʼn medisynefabriek in Johannesburg uitgebreek het.
Word SA ’n mislukte staat?
Eugene Brink ontleed Suid-Afrika se staatsverswakking aan die hand van ‘n internasionale maatstaf.
Verslaafdes met kettings vasgebind by hospitaal
‘n Groep mense, waaronder dwelmverslaafdes en sielsieke pasiënte wat met kettings vasgebind is, is uit ʼn kerkbeheerde hospitaal in Limpopo verwyder, het The Star Vrydag berig.
Nuuskommentaar: Zuma kán goeie nuus oplewer
Miskien sal die beste nuus nog wees dat Zuma aankondig dat hy bedank, en die reg toelaat om sy verloop te neem.