Intussen is die DA aan die Wes-Rand ook op die oorlogspad om die sogenaamde Zama-Zamas se bedrywighede stop te sit.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Valke"
Man in hof oor dood van oudspeurder se pa
Die boosdoeners het glo eintlik ten doel gehad om die betrokke speurder, eerder as sy pa, dood te maak.
Dwelmvervaardiger in Gauteng blootgelê
“Die gebied is die afgelope paar jaar ʼn brandpunt vir verskeie geheime dwelmlaboratoriums wat op kleinhoewes en residensiële persele bedryf word.”
Valke slaan toe op perseel wat vervalste waspoeier maak
“Daar is tydens die operasie ʼn groot hoeveelheid rou grondstowwe, masjinerie, ongemerkte waspoeier en vervalste etikette van bekende handelsmerke op die perseel gevind.”
Man geskiet toe hy glo by SAUK-kantoor inbreek
ʼn Veiligheidsbeampte het omstreeks 04:30 ʼn vermeende betreder in die kantoor opgemerk en bystand ontbied.
Verdagtes dood ná skietgeveg met polisie
Die mans is glo deel van ʼn sindikaat wat reeds meer as 18 Volkswagen Polo’s in Gauteng gekaap het.
Agt vas vir tenderbedrog by gesondheidsdepartement
Die inhegtenisnemings volg meer as 10 jaar nadat senior en uitvoerende amptenare van die Gautengse departement van gesondheid glo allerlei belonings van ʼn verskaffer ontvang het.
Nóg ʼn ‘aanhitser’ van Julie-onluste vas
Die man is intussen op borgtog vrygelaat.
R240 miljoen se kokaïen by Durban-hawe gekry
Die besending dwelms was glo op ʼn bekende Mediterreense vragredery vanuit Suid-Amerika vervoer.
‘Regsadviseur’ van munisipaliteit skuldig aan bedrog
Toe die munisipaliteit Mosebetsi Richard Mofokeng versoek om sy kwalifikasie te toon, het hy bedank.
Man vas wat mense glo uit miljoene bedrieg
’n 35-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy niksvermoedende beleggers glo uit meer as R7 miljoen bedrieg het.
Polisiehoë eis omkoopgeld sodat saak ‘verdwyn’
Die staatsgetuie was reeds vrygespreek van moord, maar die destydse lid van die misdaadintelligensie-eenheid het beweer die klag is heringestel.
Weduwee vas wat glo lieg oor hoe man sterf
Die vrou het glo oor die oorsaak van haar man se dood gelieg om vergoeding by die Padongelukkefonds te kry.
Polisielid vas wat renosterhorings landuit wil stuur
Sy medepligtige, ʼn hoftolk, is ook deur die Valke in hegtenis geneem.
Man agter tralies wat glo polisiemoordenaars help
Die man het glo die vermeende moordenaars met vervoer en verblyf gehelp.
Twee wat polisiemanne skiet, gevonnis
Thando Myendeki en Mnoneleleli Godfrey Kabane het in September 2014 uit die aanhoudingselle by die streekhof op Ngcobo ontsnap en die twee beamptes geskiet.
16 vas wat glo spoorstawe steel
Transformators en palissades van ʼn werkende substasie is ook gesteel.
Valke trek munisipale hoës, sakelui in Limpopo vas
Die Mogalakwena-munisipaliteit in Limpopo het glo meer as R15 miljoen verloor weens korrupte transaksies tussen munisipale amptenare en sakelui.
Nóg twee beweerde aanhitsers in hof
ʼn Man wat na bewering een van diegene is wat die sogenaamde Zuma-onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng aangehits het, is reeds vroeër vandeesmaand in hegtenis geneem.
Beweerde aanhitser vas vir onluste
Dit volg kort nadat ʼn politieke party die name van beweerde aanhitsers aan die polisie verskaf het.