“Daar is tydens die operasie ʼn groot hoeveelheid rou grondstowwe, masjinerie, ongemerkte waspoeier en vervalste etikette van bekende handelsmerke op die perseel gevind.”
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Springs"
Springs-tienermeisie gevind
Die tiener het Maandag spoorloos verdwyn.
Beloning nou R20 000 vir vermiste tiener
“Jy as ma sal als doen om jou kind op te spoor. Ek is desperaat om my kind te vind.”
Beloning uitgeloof in soektog na vermiste tiener
“Ek wens ek het geweet waar jy is. Het jy geëet? Het jy ’n dak oor jou kop? Is jy veilig? Here, asseblief, gee my ’n teken waar Nikita is.”
Vrou in hof wat haar glo as spesialis voordoen
Sonnet-Mari Brand het glo sonder enige kwalifikasies as ’n pulmonoloog gepraktiseer.
Pa lewenslank tronk toe ná hy dogter verkrag
ʼn 40-jarige man van Springs aan die Oos-Rand is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die verkragting van sy sesjarige dogter.
Metrobeampte dreig glo om man te skiet
ʼn Video waar ʼn gewapende lid van die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD) ʼn man dreig dat hy hom op kort afstand gaan skiet, word wyd op sosiale media versprei.
Ligte vliegtuig stort in Springs neer
‘n Ondersoek is na die noodlottige ongeluk begin.
Rubberfabriek aan Oos-Rand brand
Altesaam 30 brandbestryders en agt brandweerwaens het deurnag gewerk om die vlamme te blus.
Beamptes van Mpumalanga in Gauteng vasgetrek
Die polisiebeamptes word nou deur strafregtelike klagte én dissiplinêre optrede in die gesig gestaar.
Twee in Springs vas oor springstof
Twee persone is Vrydagoggend in Masimini in Springs in hegtenis geneem toe hulle met springstof en ʼn groot bedrag kontant betrap is.
Voertuig tref jong man op N12 op pad na Springs
Marx het in die pad inmekaargesak.
Substasie in Springs wat brand was ‘tikkende tydbom’
Die Ekurhuleni-metroraad is vroeër gewaarsku die toestand van die substasie is “ʼn ongeluk wat wag om te gebeur”.
2 dood toe ligte vliegtuig aan Oos-Rand neerstort
Die twee slagoffers is met noodbeamptes se aankoms op die toneel nog in die wrak van die tweesitplek-vliegtuig aangetref.
Ligte vliegtuig val, 2 beseer
ʼn Ligte vliegtuig het Maandagoggend in Springs neergestort.
Drie kamma-dokters vas
Die drie mense het hulself as mediese praktisyns voorgedoen en pasiënte behandel sonder enige vorm van registrasie.
‘Besope’ verkeersbeampte geskors ná video’s
In die een video gly die metropolisiebeampte se holster met sy vuurwapen van sy middellyf af. Hy probeer dan met ʼn sigaret in die hand die holster van sy lyf afhaal.
Dogter praat oor hel in die Springs-gruwelhuis
“Ek het geleer ek het baie om te gee, iets wat ek nie daardie tyd besef het nie. Dit is nou my beurt dat mý stem gehoor word. Ek voel daar is groot planne vir my. Ek weet nog nie wat dit is nie, maar ek vertrou die Here en ek weet Hy weet waarheen ek op pad is.”
Pa, aanstaande skoonseun in hof oor moord op plaas
Die lid van ʼn plaaslike beveiligingspan en sy aanstaande skoonseun is vroeër in hegtenis geneem in verband met die skietdood van ʼn man wat glo mielies en boontjies op ’n plaas gesteel het.
Twee later weer in hof ná moord op plaas
Die aanvanklike nadoodse ondersoek het gewys Masilela se beserings stem ooreen met dié van ʼn motorongeluk, maar ʼn tweede ondersoek is beveel en ʼn koeëlwond is in Masilela se kop gevind.