Die polisie het gereageer op angsbevange oproepe van inwoners oor ʼn persoon wat deur ʼn skare aangeval word.
Lees meerAlles vir Vrydag 8 November 2019
Cele: ‘Borgtog is ʼn onding’
“Ons het 57 mense wat op borgtog vrygelaat is wat betrokke was by transitorooftogte. Sodra hulle vrygelaat word, kom hulle bymekaar en beplan nóg ʼn rooftog.”
Afgedankte Jiba eis nie meer pos terug
Sy voer persoonlike redes vir dié besluit aan.
Senior hofamptenaar, vriend vas vir beweerde bedrog
Die meester van die hooggeregshof in Mpumalanga het Vrydag in die Mbombela-landdroshof verskyn nadat die Valke haar op verskeie aanklagte in hegtenis geneem het.
Verbod op ondersoekende seekatvangste opgehef
Die verbod sal heringestel word as daar binne die volgende twee maande twee of meer verstrengelingsvoorvalle van suidelike noorkappers of boggelwalvisse plaasvind.
Solidariteit veroordeel private hospitale vir GEMS-lede
Solidariteit sê dit is belaglik dat die staat die lewens en gesondheid van alle Suid-Afrikaanse burgers wil onderwerp aan ʼn stelsel wat hy nie met sy eie gesondheid vertrou nie.
EFF te staan voor groot keuses
Dit lyk asof daar mededinging vir die meeste van die leierskapposisies gaan wees en die stryd in sommige gevalle is reeds hewig en vuil.
Agri SA wys ‘Jongboer’ aan
Die finaliste in die Jongboer- en New Harvest-kompetisie is soos die Springbokke van landbou, het Agri SA dié dinamiese jong boere beskryf.
ToekomsVenster: In God se wêreld
Hy het ons wrede wêreld betree en genesing gebring. Hy ruk mense daagliks uit hul skynbestaan uit. Hy bring bevryding en roep hulle dan om ander te help om vry te kom.
Mini se vierdeurvuurpyle kan aanhou én uithou
Die JCW is steeds maklik om op te som. Die Mini’s is pragtig gebou en die ontwerp vars, met ʼn nostalgiese element. Ek hou daarvan. Die JCW-enjins is verstommend sterk en die 8-spoed ratkas puik.
Die val van die Muur 30 jaar gelede
Die grensposte was vir die eerste keer oop vir almal en die Muur het sy verskrikking verloor. In die volgende weke en maande is dit stuk vir stuk deur die mense verwyder. Die kommunistiese regering was toe gedwing om vir ’n oorgang na demokrasie te onderhandel.
Ondersoek gevra na gedrag van Netbal SA-president
In ʼn prokureursbrief aan Netbal SA sê AfriForum die bewering teen Molokwane is uiters ernstig en, indien waar, bring dit die goeie naam wat netbal het in gedrang.
‘Stabiliteit’ wat Ystergordyn meegebring het, het ook maar in rook opgegaan
Op 9 November 1989 – 30 jaar gelede – het die Berlynse Muur op ’n Donderdagaand geval. ’n Dag later was ek op die toneel om die aangrypende tonele te aanskou van Duitsers wat in hul honderdduisende op die strate dans, juig en huil. Ons is nou drie dekades later. Hoe het die val van die Muur die wêreld verander?
Moord op diereliefhebber: vriend in hof
Haar broer, Nardus Snyman, het gesê die gebeure het die familie diep geraak. “Ons vertrou dat geregtigheid sal seëvier.”
Pinetown-sakevrou ses maande ná ontvoering gevind
Sy is tans saam met haar geliefdes en het begin met haar pad na herstel.
Leon van Nierop se resensie: Black and Blue
Sy is nie veronderstel om daardie noodlottige dag op hierdie skof te wees nie. En wanneer sy die ooggetuie van ‘n teregstelling word, besef sy dat haar dae in die blou uniform, en haar pos as een van die enigste vroue in die departement, in sy peetjie is. Die vraag is: gaan sy dit oorleef?
Drie kamma-dokters vas
Die drie mense het hulself as mediese praktisyns voorgedoen en pasiënte behandel sonder enige vorm van registrasie.
Video: Bou jou stroppe voor die tyd
Adam Tas het natuurlik ook weer ʼn wenk wat jou sal help om die grootste visse die vinnigste langs die viswaters uit te trek.
’n Wenspan in ’n verloorland
As jy aanvoer dat die Springbokke se oorwinning ons moet oproep om net met meer ywer dieselfde foute te maak as die afgelope twee dekades, sal Suid-Afrika nooit ’n wenland word nie en as verloorland van sportgeleentheid tot sportgeleentheid strompel vir kunsmatige hoop.
Leon van Nierop se resensie: Terminator: Dark Fate
Dieselfde storie kan net soveel keer oorvertel word voordat dit soos ‘n outydse grammofoon-plaat raak wat vasgehaak het.