Dié swembroek, met die Suid-Afrikaanse vlag op, het opslae gemaak nadat Faf de Klerk ná die Wêreldbeker-eindstryd daarin rondgeparadeer het.
Alles vir Vrydag 8 November 2019
N1 by De Doorns stééds gesluit
Die N1 by De Doorns in die Wes-Kaap bly gesluit nadat voertuie daar met klippe bestook is.
Staffie, eienaar ná twee jaar herenig
Daar was min van die groot bruin ogies te siene toe hy gevind is, met die velsiekte wat so gevorderd is dat sy oë amper toegeswel is, maar tog het Zeus se stert geswaai.
Ware liefde lê in die klein goedjies
“Hy stoot altyd die winkelwaentjie.” Ons moet almal soms daaraan herinner word dat jy nie jou liefde hoef te bewys met iets groot, duur of buitensporig nie – dit lê soms net in die klein dingetjies.
2 vas vir renosterhorings, leeubene
Twee mans is onderskeidelik in Germiston en Cullinan in Gauteng in hegtenis geneem vir die besit van renosterhorings en leeubene.
Beurtkrag dalk wél Vrydag ingestel
Eskom sê beurtkrag kan moontlik Vrydag ingestel word, maar net as daar geen ander uitweg is nie.
Video: Roer jou voete met Die Ventertjies se jongste snit
“Hierdie liedjie is rock ’n’ roll met ’n boere-aanslag.”
SYM NH-T 125: Avontuurfietsie vir beginners
Hierdie fiets is vir die jongmens wat droom om op avonture te gaan soos sy ouers.
Taalgebruik: trouens, inteendeel
Sommige gebruikers van Afrikaans verwar die twee woorde “trouens” en “inteendeel” en gebruik dan byvoorbeeld “inteendeel” as hulle eintlik “trouens” bedoel.
Boek: In Gesprek met Waldimar
In forensiese detail pak Waldimar Pelser elke gek en skurk wat wil keer dat ons land floreer. Hy wys hoe naby ons aan die afgrond was en hoe ons wéér daar kan beland as ons nie dié in beheer tot verantwoording roep nie.
Raai die Wêreldbeker-eindstrydtelling: Wenner aangekondig
Een Maroela-leser het die kans gestaan om ʼn ysmasjien ter waarde van minstens R2 000 te wen as die leser die Rugbywêreldbeker-eindstrydtelling (tussen Suid-Afrika en Engeland) reg kon raai.
Gautrein hervat alle dienste
Talle gefrustreerde pendelaars het op sosiale media uitgevaar en Gautrein én Eskom voor stok gekry omdat hulle nie betyds by die werk of skool kon kom nie. Ander het hul vlugte verpas.
Vandag se sportnuus
Le Clos wen goud in Doha.
Minstens 5 dood, 120 beseer in Iranse aardbewing
Minstens vyf mense is dood en 120 ander beseer nadat ʼn aardbewing van 5,9 die noordweste van Iran vanoggend in die vroeë oggendure getref het.
Nóg bederf vir ‘skaamtelose’ koning Mswati terwyl mense steier
“Ons waardigheid as nasie word ernstig ondermyn deur ʼn parasitiese koninklike familie en ons kan nie langer stilbly terwyl ons swaarverdiende belasting tot voordeel van ʼn familie gebruik word by wie ons geen baat vind nie.”
Resep: Peppermint Crisp-pakkies
Dié Peppermint Crisp-tertjies eet jy sommer met jou hande!
Nuwe motorsportfliek spog met Suid-Afrikaanse karre
Die sustersmodel van die blou-en-oranje GT40 wat in die fliek te sien is, gaan vir welsynsdoeleindes in Januarie volgende jaar opgeveil word.
‘Bok vir sports’: Johan de Jonge sê jammer
“Ek haat nie die land nie en ek haat nie die Springbokke nie. Ek voel baie sleg oor die video vandag; dit is nie Johan nie.”
Senzo Meyiwa-dossier nié ‘vermis’
Die dossier in die Senzo Meyiwa-moordsaak word nie vermis nie en is by die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD).
Kliënt, rower dood in Queenswood-rooftog
Die onderneming se werknemers kon daarin slaag om een van die verdagtes vas te trek.