Kliënt, rower dood in Queenswood-rooftog

Vuurvreters_episode_pistool2_pixabay.jpg

Foto: pixabay

ʼn Gewapende rooftog by ʼn onderneming in Queenswood, Pretoria, het Donderdag ʼn klant se lewe geëis, terwyl die eienaar van die onderneming ook in die maag geskiet is.

Volgens ʼn ooggetuie wat ʼn werknemer van die Mica-hardewarewinkel in dié omgewing is, is nog ʼn klant tydens die rooftog gewond en ʼn rower het na bewering ontsnap.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens in Villieria het bevestig dat ʼn soektog van stapel gestuur is om ʼn derde rower vas te trek.

Die rooftog het omstreeks 12:45 plaasgevind toe drie gewapende mans die Compuport-onderneming in Cobhamstraat binnegegaan het. Elf mense was in die winkel en is van hul selfone, juwele en geld beroof.

ʼn 61-jarige man het probeer om die situasie onder beheer te bring, maar dit het egter in ʼn skermutseling ontaard waarin hy noodlottig deur die rowers gewond is. Hy is op die toneel dood verklaar.

Die 55-jarige eienaar van die onderneming, Coert Oberholzer, was in sy kantoor toe hy die kabaal gehoor het. Hy het sy vuurwapen gevat en ondersoek ingestel. Daar het egter ʼn skietgeveg uitgebreek en een verdagte is noodlottig gewond, terwyl Oberholzer en ʼn vriend beseer is. Hulle is na ʼn plaaslike hospitaal vir verdere behandeling geneem.

Die onderneming se werknemers kon daarin slaag om een van die verdagtes vas te trek. Hulle het hom aan die polisie oorgegee wat ʼn vuurwapen van hom afgeneem het.

Die derde verdagte het te voet ontsnap en met die gesteelde selfone, juwele en kontant weggekom. Die SAPD ondersoek tans ʼn moord en sakerooftog.

Die verdagte wat in hegtenis geneem is, sal binnekort voor die Pretoriase landdroshof op verskeie klagte verskyn.

Die winkel waar die voorval plaasgevind het, is oorkant die besige Queenswood Corner-winkelsentrum en Hoërskool Clapham. In ʼn verklaring het die Queenswood Corner sy hartseer oor die voorval uitgespreek en die gemeenskap aangemoedig om saam met die owerhede en plaaslike belanghebbendes te werk om enige soortgelyke voorvalle te keer.

“Ons betoon medelye met die slagoffers se families en dié wat beseer is. Dit is ʼn roekelose daad wat ons ten sterkste veroordeel,” lui dit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Stella ·

Dis jammer oor die onskuldige persoon wat moes sterf,maar wat verwag n mens n die land Suid Afrika,dit gaan jol-lekker in die land met”wie aan die stuur van sake”?

aj ·

Skokkende misdaad helder oordag in ‘n gewone besigheid!

My simpatie aan die oorledene se familie en vriende.

WEES PARAAT!

VEG TERUG!

SKIET EERS EN PRAAT DAARNA!

Hetta ·

Dis van ‘skiet eers’ wat daar onskuldige mense dood is.

Ai tog ·

Nee Hetta, lees net eers weer, die man was reeds geskiet omdat hy probeer kalm maak het, toe kom die eienaar en gelukkig kon hy 1 plat kry en dit het gehelp dat die personeel ‘n ander 1 kon vang……. Mens kan regtig nie onderhandel of geselsies aanknoop as 3 persone jou aanval nie, skiet maar eerste, skiet raak. Goed gedoen eienaar en personeel.

Swerwer ·

Ag ou Hetta..kom net by toe.Dis al taal wat rowers verstaan..of wil jy weer die ” human rights” truuk trek!! Slaan eerste ,,,dan hardloop hulle!!! Dis al wat die land gaan red..al sterf onskuldige mense.

EKKE ·

Ai, dis so tragies. My innie simpatie met die naasbestaandes.

Joubert ·

Mens kan nie jouself meng met ‘n nasie wat geen gevoel vir lewe het nie

Gert van Wierdapark ·

Weet nie eintlik hoekom word die skurk “oorhandig” nie! Pot-lood-pille behoort voorgeskryf te word!

Marinda ·

Moet asb nie ons land vervloek nie! Daar is baie goeie dinge wat ons pragtige land oplewer! Staan saam en spreek positiewe dinge!
Innige simpatie met naasbestaandes wat ‘n geliefde verloor het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.