‘Bok vir sports’: Johan de Jonge sê jammer

Johan en Martie de Jonge saam met die Martin Bester se ontbytprogramspan op Jacarandafm. Foto: Jacarandafm se Twitter-rekening.

Johan de Jonge, die man wat gedurende die Wêreldbeker selfs die rustigste Bok-ondersteuner (op ’n ekstra dosis anti-depressante) woedend gehad het, het vandag in Jacarandafm se ateljee ’n Springboktrui aangetrek.

De Jonge het vroeër opslae op sosiale media gemaak nadat hy ’n video gemaak het waarin hy die Bokke en hul ondersteuners behoorlik sleggesê het.

“Vir al die Bok-supportertjies wat vir my en my vriende so op Facebook vloek: Dít is waarom julle span verloor. Hou aan om ons te vloek, dit is reg; julle span sál nie met ’n Wêreldbeker(trofee) geseën word nie,” het De Jonge in ’n All Blacks-trui in die video gesê.

Maar, het hy vandag vir Martin Bester gesê, daardie man in die video is nie die Johan wat sy vrou en vriende ken nie.

“Ek is glad nie anti-Springbok nie. Ek haat nie die land nie en ek haat nie die Springbokke nie,” het hy vandag gesê terwyl sy vrou, Martie, toekyk.

“Selfs al sou die All Blacks teen Engeland gewen het, sou ek nie weer só ’n video gemaak het nie. Die video het my uitgeput en ek het soggens om 03:00 nog in my bed gelê en rondrol. Vandag voel ek baie sleg oor die video; dit is nie wie Johan de Jonge is nie.”

Bester en sy span het vir De Jonge-hulle lekker gegeurde frikkadelle voorgesit – na aanleiding van sy “spicy meatball”-insetsel op die gewraakte video.

Hy moes daarna hiervolgens die lede van die publiek se kommentaar jeens hom beoordeel – of dit liggies gegeur was en of dit trek-die-melkglas-nader-vuurspoeg-warm was.

De Jonge in sy gewraakte video. Foto: YouTube-kanaal.

Hoewel daar steeds ’n paar ontstoke luisteraars was wat hom boonop as ’n hartseer figuur uitgekryt het, was daar ook baie positiewe boodskappe.

“Hy kan ondersteun wie hy wil en ek is eintlik baie bly hy het daardie video gemaak. Ek dink as dit nie daarvoor was nie, sou ons dalk nie die Wêreldbeker gewen het nie,” het ’n inbeller gesê.

De Jonge het daarna Bester se Springboktrui aangetrek en hoewel hy aanvanklik huiwerig was, het hy selfs ’n liriek of twee van “Hier kommie Bokke” gesing.

Bester het hom daarna die geleentheid gegee om sy oorspronklike video effens te redigeer en De Jonge het in sy nuwe trui gewys dat hy darem ’n Bok vir sports is.

“Die Springbok-partytjie is nog beter as die All Blacks-partytjie,” het hy sy eie video se inleiding sommer só in die ateljee geredigeer.

“Ek wil net vir Suid-Afrika en die Springbokke sê: Baie geluk met die Wêreldbeker; julle verdien dit. Jammer oor die video, my filmdae is definitief verby!”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

87 Kommentare

A Klaassen ·

Sou mens met ‘n stok in die byenes krap dan kan jy nie agterna huil as jy gesteek word nie. Wat het hy tog verwag.

Rita ·

@TINRSA En hy het nou daarin geslaag om aandag te kry maar as ek my naam so met n plank moes slaan om aandag te kry dan sal ek liewer maar onbekend wou bly. Kan ok net sê:geniet jou 30 seconds of fame maar al sê jy nog hoeveel keer jammer, die naam Johan de Jonge maak n groter krater as Kimberley se gat.

Kosie ·

Ag kom nou bietjie oor dit. Dit was alles in gees van sport en is nou verby.

Gerhard van Wyk ·

Jammer jou gesin het daaronder gelei. Jy was die ou wat ons wou takel. Ons Springbok ondersteuners is maar bad loosers so as jy die span aanvat vat jy ons aan. Hoop jy het jou les geleer. Sterkte voorentoe en met jou span. Ek het ook verwag hulle gaan die beker lig. Hulle bly vir my die span om te klop. Hoop die mense aanvaar jou verskoning en los julle nou uit. Bokke bo!

Sontie ·

Mooi Johan. Vat ‘n man(en baie druk somtyds) om verskoning te vra. Nou wag ek net vir die paar mede Bok-ondersteuners wat te ver gegaan het om ook jammer te sê.

Annoniem ·

Dis n stap in die regte rigting.
Baie bly vir jou en jou gesin.

Antoon ·

Johan, jy is n champ! Ek hoop jou kids is okay en word nie verder geboelie nie, dit moes in elk geval nie gebeur hef nie. Johan, jy het vir SA gewys jy is n goeie man, pa en sport man. Ondersteun wie jy wil en geniet jou rugby. Jou verskoning vriend, is aanvaar. Sit dit agter jou en vanaand kan jy sommer rustig slaap en geniet jou gesin!

HAB ·

Nuwe respek vir jou.
Dit vat n man om reg te maak.
Well done Johan de Jonge

Stoffel ·

Johan is baie snaaks, lekker gelag en het sy video geniet,

Ruby ·

Stoffel ek het ook sy video geniet, met ‘n knippie sout en hope humor. Sy bry het dit nog snaakser gemaak.

Ek stem glad nie saam dat sy kinders geboelie word nie!

Well done Johan en vrou, dit was groot van julle.

Annalize ·

Ek het van die begin af gedink dis ‘n grap. ????Nie eers daaraan gedink dat mense dit so ernstig kan opvat. Was nogals funny en die kinders het lekker saam gespeel. Jy kry darem mense wat met knypholle elke dag stap met niks sin vir humor. Ek is seker hy is nou ‘n groot Bok fan.????????????

Annatjie ·

Dit vat ‘n man om so om verskoning te vra en ons aanvaar dit met graagte.

Siener ·

Dink julle bok ondersteuners nou regtig ‘n All Black sal verander? Dis die enigste manier om die ou bok ondersteuners se monde toe te kry en ‘n gratis groen hempie te kry vir sy bar muur.
Johan jy is ‘n legende. Hou jou All Black hemp reg want volgende jaar huil die bok ondersteuners weer as hulle verloor teen die All Blacks. Sterkte met jou en jou familie.

Hennie ·

RI, jy is reg want Blou Bulle en All Blacks verloor so min hulle ondersteuners is erg ontsteld as dit wel gebeur.

Catherine ·

Hennie dis waar. Ons hier onder in die Kaap verloor ook nie graag nie.
Johan en Kie dit was edel en ek sien ook die rede hoekom jy gesê het wat gese is.
Want my broek het ook gebewe oorie feit dat ons net dalk nie dit gaan maak toe sê ek en menigte ander hulle kan dit nie maak nie. Maar toe hulle wen. Toe juig ons almal saam. En bewe broek voor in koor.
Dis maar n manier wat vrees aan jou doen. Hoe kan n man dan nie n bok ondersteuner wees nie.

Philip ·

Verskoning aanvaar. Respek vir ‘n man wat opstaan en regmaak.

Gesiggie ·

Verskoning Aanvaar… Dit het moed gekos. Dankie Daarvoor.

bokke ·

‘n Jakkals verander van hare maar nie van snare. Ek dink steeds hy moet maar eerder NZ toe verhuis.

Yvonne ·

Mooi Johan. Jy het man gestaan vir jou fout en omverskoning gevra. Dit was al wat ons wou hê.

Sarel van der Westhuizen ·

Baie goeie gebaar. Dit vat n man om sy fout te erken.

Heidi vd Walt ·

Ek het gedink dit was n “joke” en gedink dit was baie snaaks……….. hy moes nog een maak nie die finaal en almal se siele nog meer uit getrek het. Dit was funny!

Ant ·

LOL..ek stem Heidi, dit was entertaining, het gehelp aan gees bou. Dis mos hoe ” smack talk” werk met sport

JohanL ·

Verskoning aanvaar.

Hoop net die mense wat sy kinders en vrou so geteister het, is nou ook groot genoeg om daarmee te stop.

Jacques van Reenen ·

Die Springbok party is nog nie verby nie, bly Johann de Jonge join in. Hy lyk beter in n Springbok trui. Altyd respek vir iemand wat verantwoordelikheid neem.

Dankie ·

Ons se dankie vir jou guts om jammer te se.
As jy so video maak en uitstuur in vandag se lewe kan dinge skeef loop, maar relax nou laat ons almal aangaan.

Jordaan ·

Mooi man, dit is nie so moeilik om om verskoning te vra nie. Jy mag maar ondersteun wie jy wil, solank jy die ander ouens se reg om te ondersteun wie hulle wil respekteer en hulle nie daaroor afkraak nie.

wimpie ·

Johan. Wil net graag se. Ons was almal warm onder die kraag met jou uitlatings oor die bokke. Daar is seker nog mense wat so voel. Dit is nou veby. Ons het die wereld gewys wat in ons steek. Niemand gaan ons so maklik onder kry as dit kom by sport. Soos almal natuurlik weet was ons almal in die die donker oor die Bokke se uitslae veral teen die all blacks en italie. Daar gelos.

Wees wie jy is. Vat dit op die kakebeen . Gaan aan.
ek gee nie veel om oor wat jy gese het van die Bokke nie.

Vra eerder omveskoning oor jou 2de video. Wat jy ons vel kleur vergelyk met n stuk toilet papier.
Dit was onodig. dit wat jy daar gese het het niks met rugby te doen gehad nie.

Dan sal ek jou vergewe.

Joubert ·

wimpie hy het ons velkleur met toiletpapier vergelyk omdat hy daardeur wou aandui hoeveel blankes werd ge-ag word (seker maar deur die regering of wat ook al) in die nuwe suid afrika…

Disselboom ·

Hier is darem baie ouens (en vrouens) wat net jaloers is op iemand wat weet hoe om die nuus te haal!

Jan Olivier ·

Dit vat ‘n man om oor die lug aan Suid Afrika te erken hy het ‘n fout gemaak, en verskoning te vra. Wel gedaan

wet ·

dink dis makliker om oor die lug jammer te se aangesien jy nie jou gehoor in die oe kan kyk nie

Wikus du Plooy ·

Is dit net ek, of het mense werklik kinderagtig geword. Hoe is die man se video enigsins die tyd of aandag werd wat dit tans kry. ‘n Paar jaar terug so mense wat hom gehoor het dit net afgemaak het as een wat dalk die pad mis geloop het, of selfs n bietjie diep in die bottel gekyk het en dit daar gelaat. Het mense regtig niks meer beters te doen as om hulself op te hou met sulke twak nie?

Marietjie Stander ·

Ek dink nie hy’s op reg met sy verskoning nie. Hy doen dit vir sy familie se gewin, omdat sy vrou en sy kinders geteiken word. Sterkte met jou volgende video’s mag jy kry wat jy verdien. Hoekom gan bly julle nie in New Zealand nie…

Deloris ·

Dit kom daarvan as mens nie jou perke ken nie. Niemand vat en onderskat n Springbok nie almal spring. Johan jy is vergewe, menns is nooit te oud om te leer nie.

Liza ·

wow………jy is vergewe Johan…….dit vat baie om dit te doen…..well done…..

Rina Brits ·

Regtig! Jy kan ondersteun wie jy wil en jy hoef nie omverskoning te vra daarvoor nie!

Joubert ·

Sekondeer. Dit lyk my hierdie liggeraaktheid-tendens wat wêreldwyd posvat het nou in Suid Afrika ook aangekom. Moet net nie die verkeerde woordjies vir ons sê nie, jy sal lewenslank daarvoor toegesluit word!

Siener ·

Stem 100% saam. Dis jou keuse vir wie jy skreeu en endersteun, solank Rugby op die ou einde wen. Kyk na die Japanse se gesingheid oor rugby. Van hulle het ander spanne ge-ondersteun–alles in die naam van Rugby.

Devil ·

Johan ek het van jou videos gehou, dit was vir my nogals snaaks.

Jy verdien ‘n Bells vir die verskoning, welgedaan!

Joe ·

Vat ‘n GROOT man om dit te doen….:) eks seker die hele SA het jou nou klaar vergewe, al ondersteun jy nog die AB’s …

bokke ·

Net verskoning gevra vir sy swak gedrag omdat die druk nou te veel opgelaai het. Gaan bly in NZ, soek nie onpatriotiese Suid-Afrikaners hier nie.

Siener ·

Dis bok ondersteuners soos jy wat maak dat die All Blacks ondesteuners meer word by die dag. Ek en ander All Black ondersteuners sal ons deur jou tipe laat voorskryf wat om te doen nie en waar om te gaan bly nie. Get over yourself en jou groot ego. Trek jy terug na jou beloofde land Zimbabwe.

Hein Engelbrecht ·

Indien ons dalk huil volgende bly ons nog steeds die wereldkampioene vir die volgende 4 jaar en die All Blacks no 3. Baie goeie karakter om jammer te se.

bokke ·

En môre dra hulle weer hul AB truitjies in die winkels. Baie onpatrioties om dit in die openbaar te dra in SA, dra dit by jou huis.

JL ·

Maak nie saak waar in die wereld ek gaan nie, maar ‘n Bok ondersteuners sal ek altyd wees. Dit gese, ek het myself oor ‘n mik gelag toe ek die video sien, veral die deel waar hy met sy vrot Italiaanse aksent “spicy meatballs” uitdeel. Waar is die Suid-Afrikaners wat vir hulself kon lag heen? Kom nou. Dit was mos baie komies.

Gielie Hill ·

Om eerlik te wees na ons neerlag in die 1 e game. Het bitter min verwag wat die Bokke vermag het. Hoe is Willie en Faf nie deurgaans gekritiseer nie. Die eindstryd was die Bokke se beste wedstryd ooit (my mening).

Respek ·

Respek vir die mense wat hom vergewe het en sy verskoning aanvaar het.

Tobie ·

Sou Johan nogsteeds dieselfde opgetree het as die bordjies verhang wys en die All Blacks die Wereldbeker verower het, wonder maar net……….., maar ja, ek vergewe jou hierdie een keer.!!!

Pieter ·

Nee Marius, hy kry ń stekie in oor die AB’s se telling teen die Bokke. Wat daarna gebeur het is geskiedenis.

Tinkerbell ·

Wel Johan jou verskonig is aanvaar. Ek troos my daaraan ek was nie 1 van daai mense wat jou sleg gese het of gevloek het nie, maar jou video en die daarna vir ure se pret gesorg. . Dit vat manne moed om jammer te se.

Saartjie ·

My gedagte ook! Sien nie dat SY ‘n Springbok trui aantrek nie.
Hoe ookal die intensies, mag ons nou net aangaan en die Wêreldbeker oorwinning geniet.

Michael ·

Die land sou n baie beter plek gewees het as ons ons foute erken, dit regmaak en vo,ortgaan. Maar ons is mos almal perfek behalwe die ander ou.

Fanus ·

Ek wil net vir Martin Bester sê; Baie dankie vir jou mooi gebaar om ‘n gesin in nood te red. Jy het iets raak gesien en soos ‘n ware heer reageer om iemand wat ‘n “fout” gemaak het wat erge nagevolge gehad het uit die verknorsing te red. Almal in die lewe maak foute en mens besef nie altyd wat die nagevolge kan wees nie, nie net vir jou nie, maar vir die naby aan jou. Johan se vrou, en ek weet hulle is baie lief vir mekaar, het ook pragtig opgestaan en wat ‘n aaklige ding kon raak omgeswaai. Johan en vir jou haal ek ook my hoed af. Passievol soos jy is het jy ook oornag ‘n volksheld geword.

Ek wil ook byvoeg, die hele episode sal deel bly van wêreldbeker 2019 en hierdie sal ook onthou word. Wat ‘n volk is ons nie!

Nag ou grote!

Elsabé ·

Well done. Jy het dit reg hanteer en jou verskoning word aanvaar.

Oop oë ·

Johan, ek na jou video gekyk op Jacarandafm. Jy is voorwaar vergewe. Jy en jou vrou lyk na goeie mense. Wat jou 2e video aanbetref, het die harde realiteit jou ook getref. Ons blankes se lewens is op die stadium minder werd as toiletpapier! Maar ons bly hoop en ons hou nie op bid nie, dat ons land verander. Kudos vir jou en jou vrou, hoop dit gaan beter met kids. Jy het passie! Ek wens vir julle voorspoed en alles van die beste, al skree jy vir die ander span! Dis okay.

Jerry B ·

Bly weg van social media. Johan ek bly n All Black, speel die mees aantreklikste rugby maar hulle het die Engelse onderskat. Welgedaan Bokke julle is die kampioene. We will be back dont worry.

antie ·

talk is cheap….. dis net om mense te flous… maar goeie probeer …. ek weet nie of ek glo julle sou aangeval word nie…

Maria ·

Dit vat n man om askuus te sê. Die hele petalje was nogal intressant. Skuus ek kan nie intressant spel nie.

Wit Willem ·

Nee Johan, jy het geswig onder druk. Jou verskoning is lafhartige en nie opreg nie. Jy sê dit net om jou alie te red. Ek aanvaar dit nie. Jy het ons sleg gesê en dit bedoel, jou verskoning is nie opreg nie. Jy lyk in elk geval nie goed in daardie trui nie. Gaan NA toe, ons het jou nie hier nodig nie. Cheers!

HAB ·

Eendag sal jy ook so ge judge word.
Sy foute beteken nie jy is perfek nie.

Stef ·

VROULIEF het jou gedwing om jammer te sê. Sy dra die broek, en jy ruik soos snoek!

Piet ·

Vraag is: sou hy jammer sê as die All Blacks die beker gevat het? Of sou hy n opvolg video gemaak het om die bok supportertjies verder af te knou?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.