Solidariteit veroordeel private hospitale vir GEMS-lede

Die ingang na die Chris Hani-Baragwanath-hospitaal in Soweto. (Foto: Thabiso Makelo/Panoramio)

Solidariteit het die besluit van GEMS, die mediese fonds vir staatsamptenare, om toegang tot private hospitale vir lede op sy goedkoopste opsie te bied, as skynheilig bestempel.

Die organisasie sê hy glo dat alle Suid-Afrikaners toegang tot private mediese dienste behoort te hê, maar dat dié besluit dui op die staat se onsamehangende gedrag wat betref sy vasbeslotenheid om die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) in te stel, terwyl hy aan die ander kant toegang tot private dienste vir sy lede beding.

“Dit is absurd dat die private sektor wie se naam reeds so beswadder is deur die staat, tog nou as ʼn redder gesien word omdat staatshospitale bloot net nie die mas kan opkom nie. Dit is ʼn toegewing van die staat se kant dat alle kritiek jeens die toestand van staatsgesondheidsorg eintlik geldig is,” het Morné Malan, ʼn senior navorser verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), gesê.

Solidariteit het ʼn beroep op die regering gedoen om konsekwent op te tree en te erken dat hy nie oor die bevoegdheid beskik om gesondheidsorg behoorlik te bestuur nie.

“Die mislukking wat hul wanbestuur in staatshospitale tot gevolg het, is alomteenwoordig. Hierdie is ʼn erkenning dat hulle dit self ook waarneem. Dit sal egter nie deug dat die staat sy eie amptenare probeer verskans teen hul swak prestasie terwyl hy die res van die land daaraan wil onderwerp nie,” het Malan gesê.

Solidariteit sê hy gaan voort met sy verset teen die nasionalisering van gesondheidsorg deur middel van die NGV, wat alle dienste in die hande van die staat – wie se eie amptenare nie eens van staatsdienste gebruik wil maak nie – gaan plaas.

“Dit is belaglik dat die staat die lewens en gesondheid van alle Suid-Afrikaanse burgers wil onderwerp aan ʼn stelsel wat hy nie met sy eie gesondheid vertrou nie. Die boodskap is duidelik: Dit sal staatsmedies vir julle wees, maar private medies vir diegene in die staat,” het Malan gesê.

“Die staat kan nie gesondheidsorg bedryf nie. Dit is tyd dat hy ophou poog om dit te doen. Om die staat se betrokkenheid te verbreed tot ʼn punt waar hy alles bestuur sal net van alles ʼn mislukking maak en geweldige rampspoedige gevolge teweegbring.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

KP ·

ARROGANT verby, nee eintlik dom arrogant van korrupte ANC om eise te stel.

Strandloper ·

Dankie Solidariteit dit is n riem onder die hart om altyd van julle goeie werk te lees. Ek is trots om n lid te wees en te weet julle staan op vir wat reg is. Sterkte met jul veldtogte ek weet dat n mens hare op jou tande moet hê om die kaders aan te vat maar jul doen op die regte manier.

Piet Nel ·

GEMS lede betaal vir die mediese dienste, kry dit nie verniet van die staat op belasting betalers se koste nie.

JOU WERGEWER ·

Alhoewel ek bly is om dit te hoor, weet ek ongelukkig nie hoe lank ek nog jou “salaris” in die vorm van belasting kan bekostig nie. Geniet jou euforie so lank as wat jy kan!! As ek nie gelykstaande of beter as my werknemers kan kry nie, hoekom hulle langer aanhou (betaal), dit maak net eenvoudig nie sin nie …
Mark my words – DIE STAATSDIENS GAAN VAL!!

A simple man ·

Redelik maklik. Alle staatsamptenare van skoonmaker tot president Ramaphosa mag slegs staatshospitale besoek / behandel word.
Geen aftrekking vir amptenare so hulle spaar geld. Geen belasting uitgawe ekstra, want staatshospitale klaar deel van belasting begroting.

HPV ·

Stem saam met, Jou Werkgewer, ons besigheid betaal alreeds minder belasting asook kleiner BTW oorbetalings weens die swak ekonomie. Wie het die ekonomie so geplunder dat duisende besighede reeds hul deure gesluit het en daarmee saam derduisende werksgeleenthede in die slag gebly het. Viva ANC. LE jy kan net jou mediese fonds bekostig deur ‘n salaris te verdien maar tans is jou asook ander se salarisse nie gewaarborg nie.

Gemaskerde Sopbeen ·

Nee, nee….dit werk nie so nie. Die belastingbetaler verskaf die fondse waarmee die staatsamptenaar vir die belastingbetaler sekere regeringsdienste voorsien. Die amptenaar moet na dieselfde hospitale, klinieke, skole, polisiediens, ens. gaan as wat hy vir die belastingbetaler beding met die belastinbetaler se geld.

Feite ·

Die ANC kyk nie na staatsbeheerde NGV soos solidariteit as dat dit kwansuis rampspoedige gevolge kan inhou nie en al sou dit wel rampspoedig wees, was apartheid wat die ANC aanbetref, meer rampspoedig. Die ANC reken dus dat alles wat hulle instel wat rampspoedig is, nie so rampspoedig kan wees soos wat apartheid was nie. Hoe harder solidariteit gaan probeer om met westerse idees goeie voorstelle ter tafel te le, hoe makliker is dit vir die ANC om die teenoorgestelde van daardie voorstelle te implementeer, want dit wat vir westerse denke werk, werk nie vir pan africanist sosialistiese denke nie en visa versa, hoe rampspoedig dit ookal mag wees. Om vir julle n eenvoudige voorbeeld te gee is as volg: ons se moenie papiere rondstrooi nie, gooi dit in die asblik. Hulle denke “counter” dit deur te se strooi papiere rond, want dan moet iemand betaal word om dit op te tel. Die redes waarom solidariteit privatisering voorstel, om presies die teenoorgestelde van daardie redes, staan die ANC privatisering teen. Julle verstaan kommunisme en sosialisme, maar duidelik nie die sielkundige oorlogvoering gedeelte nie en dit gaan julle kos in alles waarteen julle weerstand gaan bied!

Frikkie Geld en huis ·

Jy het dit regtig mooi gestel. Dis presies hoe hulle dink. Hulle dink net nie waar die geld vandaan gaan kom vir al hulle “scemes” nie.

Piet Nel ·

GEMS lede betaal vir die mediese dienste, kry dit nie verniet van die staat op belasting betalers se koste nie.

@Piet Nel ·

Die belastingbetaler betaal GEMS lede se salaris, die staat is nie selfonderhoudend nie.

Attie. ·

Ek dink dis die regte ding as staatsamptenare na staatshospitale toe gaan. Vroeer jare het beseerde weermaglede na militere hospitale gegaan en privaat mense na privaathospitale. Dis so snaaks dat kabinetslede nie hul eie hospitale vertrou nie.

A Mac ·

Al die parlementslede is mos staatsamptenare? Wonder of hulle almal op GEMS is en of hulle ander private mediese fonds het? Maar een ding dink ek wat 80% indien nie 100% is is dat dit heel onwaarskynlik is dat hulle na staatshospitale gaan.

Lorinda Gerber ·

GEMS lede het al vir jare toegang tot privaat hospitale en -klinieke ….

Marietjie Stander ·

Ek voel medies is n persoonlike keuse. Indien jy n mediese fonds kan bekostig is dit jou besluit. Die staatsdiens instansies kan nie die staatsdiens sukses vol
Hanteer nie. Hoe gan hulle dit doen met die medies. Dit gan chaos wees….

Stel ·

Gems lede betaal net so baie soos ander mense by ander mediese fondse. Staatsamptenare sluit onderwysers polisie verpleegsters ens in, ek dink jul moet eers weet waarvan hul praat voor jul, jul menings gee.

A simple man ·

Redelik maklik. Alle staatsamptenare van skoonmaker tot president Ramaphosa mag slegs staatshospitale besoek / behandel word.
Geen aftrekking vir amptenare so hulle spaar geld. Geen belasting uitgawe ekstra, want staatshospitale klaar deel van belasting begroting.

Dienkie ·

GEMS lede betaal ook ten duurste vir hulle mediese fonds en kry nie hulle mediese fonds vir mahala nie. Lede van GEMS is daarom geregtig om van privaat hospitaaldienste gebruik te kan maak.

zella ·

GEMS lede betaal net so baie soos ander lede van ander mediese fondse. So by the way ek as staatsdiens amptenaar betaal ook belasting. Simple man, jy is rerig n simple man met jou simple voorstel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.