Moord op diereliefhebber: vriend in hof

Annel Snyman (38). (Foto: Facebook)

ʼn 44-jarige vriend van Annel Snyman (38) het Vrydag vlugtig in die landdroshof op Weenen verskyn nadat hy van haar moord aangekla is.

ʼn Ondersoekspan van KwaZulu-Natal het die man Donderdagoggend by sy huis in Bela-Bela (Warmbad) in Limpopo in hegtenis geneem.

Snyman se liggaam is in September in die badkamer van ʼn lodge naby Winterton in KwaZulu-Natal ontdek. Sy en ʼn vriend was daar op ʼn wegbreekgeleentheid. Aanvanklik is gesê Snyman het haar oënskynlik met ʼn rekverband agter die deur gehang en die polisie het ʼn geregtelike doodsondersoek na die voorval gedoen.

Ná ʼn indringende ondersoek is die aanvanklike aanklag na ʼn moordaanklag omgeskakel, het kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder in KwaZulu-Natal, gesê.

Snyman se familie het talle vrae oor die omstandighede rakende haar dood gehad en het onder meer ʼn tweede nadoodse ondersoek laat doen.

Snyman was die eienaar van die Loebies-roofdierpark buite Bela-Bela wat sy op haar ouers se plaas bedryf het. Sy is beskryf as ʼn vrou met ʼn ongelooflike liefde vir diere en iemand wat altyd goedgesind teenoor mens én dier was.

Haar broer, Nardus Snyman, het gesê die gebeure het die familie diep geraak. “Ons vertrou dat geregtigheid sal seëvier,” het hy Vrydag gesê.

Die saak teen die beskuldigde is uitgestel tot Woensdag, wanneer hy na verwagting gaan aansoek doen om borgtog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Sooo hartseer ·

Dit is soooo hartseer en ek verstaan regtig nie sulke dinge, hul was net vriende, hy kon haar net los, sy het haar eie heenkome, werk etc – sterkte aan haar familie.

Manie W ·

Dieselfde vriend wat haar liggaam “gevind” het en sedert haar dood ontroosbaar was?

Koos de Meyer ·

Hy het maar net ‘n Rhode triek probeer en gedink hy gaan daarmee wegkom. Hoe siek het ons mense regtig geword.

Santjie ·

Ek kan nie, en ek sal seker ook nooit verstaan dat wanneer jy nie meer gelukkig is in jou verhouding, of wat jy dit ook al noem, is nie, hoekom nie net omdraai en aanbeweeg nie? Weereens ‘n geval van “cut your nose to spoil your face”

Christa ·

Seker gedink dat Hy haar eiendom Kan kry. Hy het Jason se manier op proved gestel

LK ·

Ongelukkig dink hierdie tipe mense dat hulle slimmer as die speurders is wat die sake ondersoek…
As die kop dom is… Ai shame!

Marietjie Stander ·

Hoe kan jy net so vermoor, na n argument. Argumente word uitsorteer, dan beweeg mens aan. Dink net as jy elke persoon vermoor waarmee jy n argument het. Sal die samelewing net moord klagtes hê. Hy was dalk nooit lief vir haar nie. Mag hulle hom toe sluit en die sleutel weg gooi.

Gerda ·

Het hulle bevestig dat Annel en hy n argument gehad het

Gerda ·

Ekt dit geweet!!!!!! Maar waarom waarom waarom!! Sy sal nooit n vlieg skade gedoen het nie!!!! Hy was kamstig so verlief!! Wat kon sy so erg gedoen het om dit te verdien!!!! Het hy dit beplan… of wat wonder ek … hoekom het hy n rekband by hom gehad!! En siestog hy was so seer gemaak en sy famielie gese hoe rou hy… shame hoe moet sy arme kindertjies voel!!!!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.