Jong man op kampus vermoor

(Argieffoto)

Die polisie in Limpopo is op soek na ʼn groep aanvallers wat ʼn man op die kampus van die Universiteit van Venda aangeval en gestenig het.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het Vrydag in die vroeë oggendure plaasgevind.

Die polisie het gereageer op angsbevange oproepe van inwoners oor ʼn persoon wat deur ʼn skare aangeval word. “By hulle aankoms op die kampus het die polisie ʼn man, vermoedelik in sy 20’s, met verskeie wonde en ʼn verskeidenheid voorwerpe soos stokke en klippe rondom hom aangetref. Die skare was reeds uitmekaar,” het Mojapelo gesê.

Hy was reeds dood.

“Die oorledene het ʼn blou denimbroek, ʼn wit T-hemp en swart Adidas-sokkies sonder skoene aangehad.”

Genl.maj. Jan Scheepers, waarnemende polisiehoof in Limpopo, het die voorval – oënskynlik die jongste in ʼn vlaag voorvalle van gepeupelreg – ten sterkste veroordeel.

Die slagoffer is nog nie uitgeken nie en die motief vir sy moord nog nie vasgestel nie.

Die polisie is besig met ʼn reusesoektog na die skuldiges, het Mojapelo gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hagar ·

SA het n aaklige plek geword en dit blyk duidelik dat daar nie n einde is nie

Goliat ·

Raai saam met my, wat die koerante se volgende hoof opskrifte gaan wees. DIE POUS OP SY BESOEK AAN SUID AFRIKA IN SY BED VERMOOR. VIVA, VIVA
.

Onnodig ·

Hy moes iets verkeerd gedoen het. Ek kan nie glo dat n hele skare iemand so sal aanval sonder rede nie. Mense is oral moeg vir misdaad

madels ·

Ek sal nooit ooit geweld goedkeur nie maar hierdie jongman moes iets ernstigs gedoen het dat die “bundu” hof besluit het die dood vir hom is die enigste uitweg. Ongelukkig kom moordenaars, verkragters ens skotvry vir die meeste part. Plaasaanvalle word net gesien as n plaasaanval, nie as: wrede verkragting, wrede moord, wrede marteling nie, dit word net as n plaasmoord bestempel :-(

Corrie ·

Die geweld sal bly toeneem want die regering is te lamsakkig om behoorlik op te tree. Die wetteloses vat stelselmatig beheer oor en blyk asof die selfopgelegte mag hulle net aanhits tot groter vernietiging. Skyn asof die proses sal aangaan totdat die mens se tydjie hier op aarde eendag verstryk. Hoe n beduidende minderheid n oorgrote meerherheid so kan oordonder gaan n redelike mens se verstand te bowe. Maar moenie vergeet nie, daar word daarop geroem dat slegs Afrika skynbaar sy eie probleme kan oplos. Wonder nou of Afrika wel besef daar is probleme, maar hoe dan nou energie verspil as die energie nodig is om sakke vol geld ‘te maak” ?. Sien nog nie die logika nie ?.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.