Die beskuldigde is in Augustus aangekeer vir die moord op Callie van Heerden (78).
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "borgtog"
GPF-lede kry borg ná doodsdreigemente
Vier lede van ʼn gemeenskapspolisiëringsforum word van moord aangekla nadat hulle twee beweerde diewe aangerand het. Een van dié het glo aan sy beserings beswyk.
Cele: ‘Borgtog is ʼn onding’
“Ons het 57 mense wat op borgtog vrygelaat is wat betrokke was by transitorooftogte. Sodra hulle vrygelaat word, kom hulle bymekaar en beplan nóg ʼn rooftog.”
‘ANC-transitorower’ hoor oor borgtog
Landdros John Baloyi het verlede week die staat se saak as swak bestempel nadat hulle volgens hom nie daarin kon slaag om te bewys dat die beskuldigdes wel verantwoordelik was vir dié transitoroof nie.
Polisiekonstabel ‘verkoop’ glo borgtog
Die beampte het glo kontant by verdagtes geëis in ruil vir borgtog.
Borgtog vir moord – wat kan jy verwag?
Hein Gonzales verduidelik wat sal gebeur indien ‘n persoon in die hof op aanklagte van moord moet verskyn en vir borgtog aansoek doen. Hy verduidelik wat ‘n mens in dié situasie kan verwag:
Nauurse borgtog: Wat is my regte?
Inhegtenisneming en die gepaardgaande gevangesetting op ʼn Vrydagaand is nie die beste manier om ʼn naweek af te skop nie. Daar is dikwels verwarring oor nauurse borgtog wat buite die hof toegestaan kan word, en aan die ander kant borgtog toegestaan deur ʼn hof.
“Geen borgtog vir Oscar” – Nel
Volgens staatsaanklaer Gerrie Nel moet Oscar Pistorius, wat Vrydag in die hooggereghof in Pretoria skuldig bevind is aan strafbare manslag, se borgtog nie verleng word nie.
Springs-gruwelhuis: Ouers vir eerste keer saam in hof
Die ouerpaar wat glo hul vyf kinders jare lank in ʼn huis in Springs aangehou en mishandel het, het vir die eerste keer Vrydag saam in die plaaslike landdroshof verskyn.
Springs-gruwelhuis: Pa wil weer borg vra
Die man wat daarvan beskuldig word dat hy sy vyf kinders jare lank in ʼn huis in Springs aangehou en mishandel het, gaan na verwagting Vrydag weer om borg aansoek doen wanneer hy saam met sy vrou in die plaaslike landdroshof verskyn.
Springs-gruwelhuis: Ma hoor oor borgtog
Die Springs-landdroshof het Vrydag uitspraak gelewer in die borgtogaansoek van die 36-jarige vrou wat saam met haar man aangekla word van onder andere poging tot moord en kindermishandeling.
Video: Justin Bieber kry borgtog
Die popster Justin Bieber, is ʼn paar ure nadat hy in hegtenis geneem is op borgtog vrygelaat nadat hy glo aan ʼn onwettige straatresies deelgeneem het terwyl hy glo onder die invloed van alkohol en dwelmmiddels was.
Borgtog vir W-Kaap-vrou wat geld verduister
ʼn Ma van drie kinders is Dinsdag op borgtog van R10 000 vrygelaat nadat sy van geldverduistering aangekla is.
Nog ʼn borgtog-aansoek van Jub Jub misluk
Die kwaito-sanger Molemo ‘Jub Jub’ Maarohanye is ʼn vlugrisiko en borgtog gaan nie toegestaan word nie, het die hooggeregshof in Johannesburg Donderdag beslis.
Boeremag-lid kry nie borgtog nie
Daar is geen redelike vooruitsig dat ʼn ander hof die skuldigbevinding van die 20 Boeremag-lede sal verander nie, het die Pretoriase hooggeregshof Woensdag bevind.
R200 borg vir ‘verkragters’
Twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ses dogters verkrag het, is deur die Keimoes-landdroshof in die Noord-Kaap op R200 borg elk vrygelaat.
Oscar: Hierdie borgvoorwaardes is verlig
Sommige borgaansoekvoorwaardes wat op die atleet en moordverdagte Oscar Pistorius van toepassing was, is Donderdag deur die Pretoriase hooggeregshof ter syde gestel.
Video: Oscar se motiewe vir appèl onder loep
Die Nasionale Vervolgingsgesag bevraagteken Oscar Pistorius se motiewe vir sy appèl teen sy borgtogvoorwaardes.
Polisie-sleep: Verdagte sing en dans oor borgtog
‘n Polisiebeampte wat daarvan aangekla word dat hy ‘n man langs sy voertuig gesleep het, is deur die Mmabatho-landdroshof op borgtog vrygelaat.
Oscar: R1 miljoen borg en voorwaardes
Die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius is Vrydag op borgtog van R1 miljoen vrygelaat. Hy moes R100 000 betaal om vrygelaat te word en moet die res van die geld voor 1 Maart inbetaal.