Die oulike hond in hierdie video bly vasbeslote om die metaalman op die bankie te oorreed om ʼn stok vir hom te gooi.
Lees meerAlles vir Vrydag 4 Julie 2014
Sterftesyfer by inisiasieskole styg
Die sterftesyfer van seuns by inisiasieskole is Vrydag aangepas tot 26.
‘Brandstigter’ wou glo met minister praat
ʼn Man het Vrydag in die Pretoriase landdroshof verskyn op aanklag van brandstigting nadat hy die ontvangs van die departement van gesondheid se gebou in Pretoria aan die brand gesteek het.
Liedjie oor Reeva se “laaste woorde”
Die sanger en liedjieskrywer Mathew Gold het ʼn liedjie geskryf oor Reeva Steenkamp se “laaste woorde”.
Video: Matfield skerts oor rooi “EFF-hoedjie”
Victor Matfield het Donderdagaand geskerts hy het sy “rooi EFF-hoedjie” op toe hy met ʼn rooi pet by ʼn perskonferensie opgedaag het ná ʼn uitlating vroeër vandeesweek dat sy kamoefleer-kopskerm aanstoot gee.
Aanval op Solidariteit-lid: Beeldmateriaal bevestig Numsa-betrokkenheid
Die vakbond Solidariteit het vandag kringtelevisiemateriaal ontvang van ’n aanval waarin een van sy lede ernstig beseer is. Die video wys hoe die lid aangeval word, waarna gewapende persone in Numsa-kleredrag die toneel verlaat. Die beeldmateriaal volg onderaan die berig.
Winde van 110km/h voor die groot koue
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Vrydag gewaarsku dat inwoners hulself vir ʼn erge kouefront, wat vandag die land tref, moet voorberei.
Polisieman in hof oor seuns se verkragting
ʼn Polisiebeampte van Bellville in Kaapstad wat daarvan verdink word dat hy twee 14-jarige seuns verkrag het, het Vrydag in die Blue Downs-landdroshof verskyn.
Mans vas vir onwettige besit van broodbome
Vier mans is Donderdag in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat hulle glo met broodbome ter waarde van R170 000 betrap is.
Rusland wil bande met VSA herstel
Pres. Wladimir Poetin van Rusland het in sy gelukwensingsboodskap aan die VSA met die Amerikaanse Vryheidsdagvieringe, witvoetjie gesoek. Hy wil die bande met die VSA herstel, en het ook aangedui dat die twee lande elkeen ‘n groot verantwoordelikheid het in die handhawing van stabiliteit in die wêreld, en dat hulle moet saamwerk.
Drankrekening nog steeds nie betaal nie
Die ANC-jeugliga het nog steeds nie ʼn restaurantrekening van R83 000 by die Velvet Lounge-nagklub in Durban vereffen nie.
Bou jou eie Taalmonument van klei
Kinders kan voortaan hul eie monument van klei bou wanneer hulle die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl in die Wes-Kaap besoek.
Kantoor veilig verklaar ná petrolbom
Die kantoor van die nasionale departement van gesondheid in Pretoria se middestad is veilig verklaar nadat ʼn man Woensdag ʼn petrolbom na die ingang van die gebou gegooi het.
Krejcir-saak na hooggeregshof oorgeplaas
Die saak teen die Tsjeggiese sakeman Radovan Krejcir en sewe medebeskuldigdes is Vrydag in die Alexandra-landdroshof na die Johannesburgse hooggeregshof oorgeplaas.
Boek: Louis Tregardt se dagboek 1836 – 1838
Tregardt skryf onbeskroomd en pittig oor sy geselskap se swakhede en durf, hul gewoontes, persoonlikhede en streke. Sommige, soos die kwaai weduwee Scheepers, en Tregardt se geliefde Martha, vergeet mens nooit. Die dagboek bevat ook van die oudste en aangrypendste liefdesliteratuur in Afrikaans.
Boek: Lothar Neethling – ‘n Lewe vertel
In hierdie biografie vertel die Pretoriase akademikus en skrywer Annette Jordaan die storie van haar ouboet Lothar Neethling, wat voor haar geboorte deur haar ouers aangeneem is.
Springs-gruwelhuis: Ma hoor oor borgtog
Die Springs-landdroshof het Vrydag uitspraak gelewer in die borgtogaansoek van die 36-jarige vrou wat saam met haar man aangekla word van onder andere poging tot moord en kindermishandeling.
Video: Staande applous vir oom wat Frank Sinatra laat herleef
Frank Dimitri (74) van Arizona in Amerika hakkel al sy lewe lank en het nie die selfvertroue gehad om voor mense op ‘n verhoog te sing nie.
Baba in asblik in PTA-Oos gevind
Die liggaam van ʼn baba is Vrydagoggend in ʼn asblik in Moreletapark, in Pretoria-Oos, in ʼn asblik gevind.
China verbied vas tydens Ramadan
China het ‘n verbod geplaas daarop dat Moslems in die provinsie Xinjiang tydens Ramadan mag vas. Xinjiang is die tuisprovinsie van sowat 10 miljoen etniese Oeigoere, Moslem-minderheid.