In die video kan gehoor word hoe die groep gewapende polisielede vir die aanbidders skreeu in wat soos ʼn moskee lyk.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Moslems"
Was Isis werklik meesterbrein agter Sri Lankaanse bomme?
Al het Isis self aanspreeklikheid vir die Paasfees-bomme in Sri Lanka aanvaar, en al het inligting wat Indiese veiligheidsmagte by ’n verdagte ondersteuner van Isis dit gestaaf, is daar nog geen konkrete bewyse dat die Islamitiese Staat vir die bomaanvalle verantwoordelik was nie.
Wreedheid is aansteeklik
Niks goeds kan uit haatspraak kom nie.
Man buite moskee doodgeskiet
“Toe hy terughardloop na die moskee, het hulle hom agternagesit en geskiet.”
Bibi-saak plaas kollig op ekstremisme in Pakistan
Honderde aktiviste is die afgelope naweek oor die hele Pakistan heen in hegtenis geneem – in die soveelste reeks gewelddadige betogings deur Moslem-ekstremiste in dié land sedert ’n omstrede, onlangse uitspraak in die hooggeregshof van Pakistan.
Die val van ʼn vredesikoon – Aung San Suu Kyi
Aung San Suu Kyi se son as vredesikoon het egter vir altyd gesak. En Mianmar self is steeds ’n bitter arm land met ’n ernstige probleem: om net een van sy minderhede as ’n minderheid te erken.
Wat op aarde gaan in Saoedi-Arabië aan?
Die jong kroonprins Mohammed bin Salman het reeds in drie maande meer gedoen om die konserwatiewe Saoedi’s se hok dramaties te skud as in meer as 80 jaar wat die Saoediese koningshuis dié olieryke koninkryk beheer.
Einde van die Westerse beskawing
Is jy gereed vir die swanesang van die Westerse beskawing?
Moslems hou geen eksistensiële gevaar in vir Europa
Die beste manier om ’n minderheid aan die land te bind, is om diep asem te haal en te ontspan. Laat die minderheid toe om homself te wees.
Indië en Pakistan: 70 jaar sedert partisie en onafhanklikheid
Dit is natuurlik ʼn oop vraag of partisie destyds ʼn goeie besluit was of nie. Gandhi se droom van ʼn verenigde Indië, waar alle groepe vreedsaam saamleef, was naïef en heel moontlik sou dinge nog erger gegaan het as die Moslems nie ʼn heenkome in Pakistan gehad het nie.
Kan die stryd teen Isis gewen word?
“Sekere oorloë word eerder met die kop en hart as wapens gewen.”
Die einde van die ‘ewige koalisie’ in Oostenryk
Die Alternative für Deutschland (AFD) het nog ʼn lang pad om te gaan as hulle soos die FPÖ wil word wat steun en aanvaarding betref. Ook in Duitsland regeer nou al ʼn geruime tyd ʼn groot koalisie tussen CDU en SPD – en ook dit kan ná die volgende verkiesing in September iets van die verlede wees.
Bestaan die Islamitiese Staat (Isis) werklik?
Kyk lesers vandag na internasionale nuuskanale, is daar omtrent daagliks berigte oor die Islamitiese Staat (Isis). Wat egter opmerklik is, is dat die organisasie asof van nêrens ontstaan het nie en sonder ’n bewese leierskap tot ’n wêreldwye bedreiging ontwikkel het.
Franse verkiesing plaas kollig op langtermyn-vraagstukke
Die vraag is egter, net soos in verlede jaar se Amerikaanse verkiesing: Wie gaan stem? Die wegblystem gaan Sondag in die Franse verkiesing ’n wesenlike invloed op die verkiesingsuitslag
Tikkie pragmatisme in Trump-resep
Ná 100 dae in die Withuis is dit duidelik dat Trump die Amerikaanse politiek verander het, maar dat die Amerikaanse politiek hóm dalk nog meer verander het, skryf Leopold Scholtz.
Frankryk beleef ‘interessante tye’
Frankryk beleef, om dit sag te stel, interessante tye, skryf Leopold Scholtz.
Europese denke en hoekom die ‘patriotiese lente’ nog nie nou gaan aanbreek
Die vertroue in die welsynstaat en die bereidwilligheid om hoë belastings te betaal is veral in die noordelike en westelike deel van Europa sterk geanker. Dit is nie bevorderlik vir ʼn radikale breuk met die bestaande orde nie.
VSA: Trump misluk met nuwe aanloop tot reisverbod vir risikolande
Sedert sy bewindsaanvaarding word pres. Trump en sy politieke besluite uit sekere oorde met hand en tand beveg, en dit wil voorkom asof dit minder oor die kwessies as oor die persoon gaan.
Mianmar: ‘Vervolging van Rohingyas is misdaad teen die mensdom’
Sedert die “wonderwerk” van die afgelope jare wil die internasionale gemeenskap en veral die Weste niks doen wat die ikoniese Suu Kyi in ʼn swak lig plaas of wat die “goeie nuus-verhaal” van demokratisering versteur nie.
Nederland: Rutte lag al die pad stembus toe
Op die keper beskou, was daar ’n netto swaai na regs in die Nederlandse verkiesing. Maar Wilders se soort regs het nie die deurbraak behaal waarop hy gehoop het nie.