Man buite moskee doodgeskiet

Die polisie en nooddienste op die toneel van die skietery by die moskee in Mayfair, wes van Johannesburg se middestad. Foto: CICA – Crime Intelligence & Community Awareness – South Africa

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die skietery by ʼn moskee in die weste van Johannesburg waarin ʼn man dood en nog een gewond is nie.

Kol. Lungelo Dlamini, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die 40-jarige oorledene, Mohamed Abba, was Dinsdag omstreeks 19:00 na afloop van ʼn gebedsbyeenkoms in die Mayfair Jummah Masjid op pad na sy motor in die parkeerterrein toe twee onbekende mans hom genader het.

“Toe hy terughardloop na die moskee, het hulle hom agternagesit en geskiet,” sê Dlamini. Die aanvallers het op nog ʼn man geskiet en hom in die been getref. Hy is na ʼn nabygeleë hospitaal gebring.

Moslemgelowiges moet vyf maal per dag in die rigting van Mekka bid. Die slagoffers het die moskee of masjied besoek vir die vierde gebed, salat al maghrib, direk ná sonsondergang. Hy is blykbaar ten aanskoue van sy mede-aanbidders geskiet wat juis toe uit die masjied gekom het.

Die polisie weet nog nie wat die motief vir die aanval was nie, maar volg leidrade op, het Dlamini Woensdagoggend gesê.

Die aanval hou moontlik verband met faksiegevegte tussen Somaliërs en Ethiopiërs, maar Dlamini kon nie bevestig of Abba tot een van dié nasionaliteite behoort nie. “Ek weet niks van sy persoonlike besonderhede nie,” het hy aan Maroela Media gesê.

Enigeen wat die polisie in hul ondersoek kan help, word gevra om Stop Misdaad by 0860 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Cherokee ·

Ek dink, soos gesê onder korreksie maar ek dink dat die moslems aandring daarop dat iemand wat ‘n moskee besoek, dit sonder skoene doen. Nou wonder ek of polisielede wat miskien ‘n moskee moet betree ter wille van so ‘n ondersoek, op hul kouse loop.
‘n afgetrede Indiër joernalis het aan my gesê dit was hy wat die foto geneem het van Mandela waar hy ‘n bal skop en sy skoen waai, om ‘n groot ertappel is sy kous te wys.

HPV ·

Ethiopië, Pakistan en Somalië is voor in die ry as dit by die vervolging van Christene kom maar tog so welkom in Suid Afrika! Dit is wat mens opstandig maak teen sulke buitelanders wat meer regte in die land het as sy eie burgers. Siek!

ek ·

HPV stem 100% saam en wat meer is hulle los ook nie die Christen vrouens uit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.