Polisieminister vra verskoning vir ‘lasterlike opmerkings’

Lede van die polisie en weermag op patrollie tydens die staat van algehele afsondering. (Foto: SA Weermag/Twitter)

Die minister van polisie, Bheki Cele, het Sondag die Moslemgemeenskap om verskoning gevra vir die “lasterlike opmerkings” wat ʼn polisiebeampte glo gemaak het tydens die inhegtenisneming van ʼn groep aanbidders in Masibekela in Mpumalanga.

Cele se woordvoerder, brig. Mathapelo Peters, het gesê die groep mense wat in ʼn video – wat wyd versprei is – gesien kan word, is aangekeer omdat hulle die Wet op Rampbestuur oortree het deur ʼn onwettige byeenkoms te hou.

“Min. Cele het die Moslemgemeenskap om verskoning gevra vir die lasterlike opmerkings wat tydens die inhegtenisnemings gemaak is. Daar is ʼn dringende ondersoek aan die gang om die identiteit van die persoon agter dié godslastering vas te stel,” het Peters gesê.

Cele het benadruk dat die polisie ʼn grondwetlike plig het om wette – sonder enige vooroordeel vir ras, geslag of geloof – af te dwing.

In die video kan gehoor word hoe die groep gewapende polisielede vir die aanbidders skreeu in wat soos ʼn moskee lyk. Iemand, vermoedelik ʼn polisielid, skree dan: “Is jy groter as die president? Of is groter as die president?”

Die Jamiatul Ulama Suid-Afrika-raad van Moslemteoloë het die polisie se optrede tydens die voorval veroordeel en die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) gevra om dit te ondersoek.

“Ons aanvaar die reg van die polisiebeamptes om die wet, wat steeds nie byeenkomste deur geloofsgroepe toelaat nie, af te dwing. Dit is egter die beledigende en hardhandige aard van die polisiebeamptes wat onaanvaarbaar is,” het die raad in ʼn verklaring gesê.

“Afgesien van die verbale misbruik, wat neerhalend teenoor die profeet Mohammed is, kan die polisiebeamptes ook gesien word waar hulle die bidvertrek met hul swaar stewels binnegaan. Sulke tonele is ontstellend vir Moslems wat bidplekke as heilig beskou en net sonder skoene binnegegaan mag word.”

Die raad het ook die Menseregtekommissie gevra om die polisie se optrede te ondersoek.

Pres. Cyril Ramaphosa, ook die voorsitter van die Afrika-unie, het die Moslemgemeenskap op die vasteland Vrydag ʼn geseënde Ramadaan toegewens.

“Ongelukkig gaan Ramadaan nie vanjaar soos verlede jaar wees nie. Ons is in die skadu van ʼn openbare gesondheidskrisis. Die koronavirus-pandemie het geen gedeelte van die wêreld onaangeraak gelaat nie,” het Ramaphosa gesê.

“ʼn Hele aantal lande het maatreëls ingestel om die verspreiding van die virus te bekamp en dit beteken talle van die Ramadaan-gebruike, soos om by ʼn moskee te bid, die Umrah-pelgrimstog te doen of vriende en familie te besoek, kan nie plaasvind nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Rodger17 ·

Nou het ek als gesien en gehoor!Sjoe mnr hoed en sy polisie narre alweer,of nog steeds skandes gemaak!Dit wil gedoen wees cele!Knap optrede cele

Michael 1 ·

Ek verstaan nie wat die polisie verkeerd gedoen het nie volgens die berig wat ek lees het hulle hulle werk gedoen ,hoekom is dit nou so verkeerd.

Cherokee ·

Askies vir net een duim-af Roggie, maar die sisteem laat nie meer toe nie.

Fedup ·

I do understand that it is lockdown and no gatherings is allowed. However. Treating anyone like the police did in this situation, is unforgivable. Anyone’s religion is sacred to them. To be so disrespectful towards someone’s religion, is disgusting.

JT ·

Everybody’s flight of fantasy is important to them, but really of no consequence. however, the general bad behaviour by police is an issue…

'n Simpelman ·

Hulle oortree die wet. En as hulle gearresteer word verwag hulle spesiale behandeling??
Rerig PC word te vêr gevat.

Anton ·

Deur met stewels in n moskee te loop en dan nog mense se geloof so te beledig is uiters swak. Absoluut geen respek nie.

Michael 1 ·

Die polisie man het sy werk gedoen en omrede hy die woord Mohammed genoem het nou is die media in vervoering en die polisie minister vra net omverskoning ,is daar iets fout met hierdie siek land,hoekom het ek nog nooit hierdie optrede gesien as die Here se naam eidedelik gebruik word nie

katerinadiekat ·

Want hulle weet Christene sal nie n Charlie Hebdo styl aanval op hulle trek nie.

Nell ·

Weet jy hoekom – omdat ons, ek en jy dit toelaat. Die lasterlike taalgebruik in ons leesboeke, Tv -uitsendings, in ons huise, rondom braaivleisvure waaraan ons deelneem het tot gevolg dat mense buite sowel as binne ons geloofskring nie meer respek het vir Christus en die Vader se heilige name nie.

Oujongvrou ·

Ek het hierdie video gesien. Dis n teken van wat gebeur as mag wat aan onopgevoede mense gegee word. Disrespekvol is maar een woord wat opkom. Hierdie polisie en weermag is op n magsvertoon wat skrik vir niks. Dit sal gestop moet word, en gou ook. Lyk vir my of die staat dit vreeslik geniet om so beheer te he oor almal. Veral die meneer met die hoed en sy mense.

Michael 1 ·

As u die video gesien het sou u gehoor het die naam Jesus word ook eidelik gebruik en hoekom sê niemand enige iets daaroor nie waar is ons preoriteite?

Jacobus ·

As oor geloof gaan, spreek dan ook uit teenoor Trevor Noah se Godslasterlikke uitsprake of is hy kroonwild?

Frans ·

Ek dink BC het sy melk weggeskrik, soos Theodore Roosevelt gesê het, “Speak softly and carry a big stick; you will go far”

BARNEY ·

As dit n Christelike byeenkoms was sou niemand om verskoning gevra het nie. Ons Godsdienstelike leiers moet verantwoordelik optree, en n voorbeeld wees vir hulle gemeentes.

JT ·

Dit hang maar af van hoe bereid die christen leiers is om op te tree. Die komentaar hier sou egter baie anders gelyk het. Weergalm het oor die godlastering, disrespekvolheid en vermetelheid. Elkeen se verbeeldings vlug is vir hom belangerik.

Lorna ·

Sien op TV gisteraand iemand het vir BC gewys hou om masker te dra
Oor die neus

Niklaas ·

Vreemd dat daar so verskonend deur die minister gepaai word oor die moskee voorval, maar sou hy so optree in ander gevalle ook? Daar was dalks geweier om ag te slaan op bevele en toe het gemoedere hoog geloop. Waarvoor verskyn die president dan op TV?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.