ʼn Onlangse gesprek op die Suidoosterfees het nogal taamlike aandag getrek nadat daar gesê is Standaardafrikaans word oral uitgedaag. Hy “loop hinkepink en die variëteite (soos Kaaps) kóm vir hom” is daar gesê.
Lees meerAlles deur die skrywer Leopold Scholtz
Kaapse Forum ontketen hewige debat
ʼn Verhitte – plek-plek kan ʼn mens selfs sê histeriese – debat het in Suid-Afrika losgebars na aanleiding van die stigting van Kaapse Forum, ʼn organisasie vir bruin mense wat hom vir federalisme en bruin minderheidsregte wil beywer.
Is parlement of Konstitusionele Hof die hoogste gesag?
Die debat het pas ’n stroomversnelling bereik deurdat verskeie ANC-swaargewigte standpunt ten gunste van parlementêre soewereiniteit ingeneem het.
Het Poetin hom miskien misreken?
’n Mens sou Poetin se optrede teen Oekraïne sekerlik vanuit uiteenlopende rigtings kon beoordeel. ’n Mens kan ongetwyfeld ’n debat daaroor voer.
Rusland-Oekraïne-konflik kan Poetin duur te staan kom
Presies waar en hoe president Wladimir Poetin se inval in Oekraïne gaan eindig, weet niemand in dié stadium nie. Wat egter reeds gesê kan word, is dat hy hom in verskeie opsigte ernstig misreken het.
Taalregte van álle minderheidstale slegs op papier erken
Ás Afrikaans dan uiteindelik aan die kortste end moet trek, laat dit dan, soos my oom altyd gesê het, “nie sonder ’n helse faait” wees nie.
Wat het skeefgeloop met die debatskultuur?
Wat is die oorsaak van die agteruitgang in die mensdom se debatskultuur? Waar kom die intellektuele luiheid vandaan? Dis ’n ingewikkelde saak.
Sisulu rig haar pyle op die verkeerde teiken
Sisulu se aanval is gevaarlik. As sy haar vermoedelike sin kry, sal die demokratiese fondament van die Grondwet in stukke uiteenval.
Wat sê Zondo-verslag oor stand van demokrasie?
Die groot vraag is: Wat sê dit alles vir Suid-Afrika en die Suid-Afrikaanse demokrasie?
Tutu se lewe ‘genuanseerd en waardevol’
“Hy was die aartsvoorbeeld van iemand wat in ’n gepolariseerde samelewing moeilik in ’n vakkie gestop kon word.”
Geen grondwet kan ’n regering dwíng om goed te regeer
Eintlik kon ons al in 1990 geweet het: Ongeag die presiese uitkoms van die onderhandelinge, ’n ANC-regering gaan aan die bewind kom; een wat ’n mislukking gaan wees.
Balans tussen vryheid en regte
Die vraag wat hieruit voortspruit, is: Is die bedreiging van die koronavirus in al sy variante groot genoeg om só ’n – onbetwiste – beperking van persoonlike vryhede te regverdig?
De Klerk se dood, die reaksie daarop en goeie maniere
Ek wil vandag oor ’n ongewone onderwerp skryf – die politieke implikasies van goeie maniere. Glo my maar, goeie maniere het wel deeglik ingrypende politieke implikasies.
Rewolusie in Hongarye: 65 jaar later
Vandag, 4 November 2021, is dit presies 65 jaar gelede dat Sowjet-tenks in 1956 oor die Hongaarse grense gerol het om dié land se liberaliseringsproses te smoor.
Verpligte inentings sal nie werk nie, maar…
In talle lande met ’n liberaal-demokratiese stelsel is daar ’n – soms heftige – debat oor hoe die koronavirus beveg moet word.
Afrikaans as onderrigtaal – die verhaal van Nzimande en De Villiers
Afrikaans as onderrigtaal – of die gebrek daaraan – was die laaste tyd weer in die nuus. Dit is veral die verhaal van twee mense, te wete Blade Nzimande en professor Wim de Villiers.
Neem beheer oor jou eie
Neem beheer oor jou eie – of jou gemeenskap se – lewe en staak jou afhanklikheid van die ANC en sy misdadige kliek.
ANC se kultuur van korrupsie en onbekwaamheid
As daar twee temas is wat die ANC-geskiedenis strykdeur in mindere of meerdere mate kenmerk, is dit korrupsie en onbekwaamheid.
Waar laat Unisa-uitspraak Afrikaans as onderrigtaal op tersiêre vlak?
Waar laat die uitspraak van regter Steven Majiedt van die Konstitusionele Hof die saak van Afrikaans as onderrigtaal op tersiêre vlak? Amper belangriker, waar laat dit die taalkwessie by die Universiteite Stellenbosch (US), Johannesburg (UJ) en die Vrystaat (UV)?
Maak staat op onbetwisbare feite, redelikheid en logika
Jaap Steyn is net ’n paar dae voor ’n berig wat in die Rapport verskyn het oorlede: Heelparty klasse aan die Universiteit Stellenbosch sal voortaan slegs in Engels aangebied word.