Intussen is talle Suid-Afrikaners van gesinslede in Nieu Seeland geskei, aangesien dié land se grense steeds gesluit is.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "midde-ooste"
Koronavirus: Al meer in Europa word siek
Al meer gevalle van Covid-19 word by die dag in Europese lande aangemeld.
Gerrie Nel help NDBV om uitvoer van skape na Midde-Ooste te stuit
“Suid-Afrika moet standpunt inneem teen hierdie gruwelike en onnodige praktyk.”
Ramaphosa ‘diep bekommerd’ oor toenemende spanning in Midde-Ooste
Ramaphosa het tydens die gesprek met sy Irannese eweknie sy kommer oor die opbouende spanning uitgespreek en gesê dit het verreikende gevolge vir die streek, asook vir internasionale vrede en sekuriteit.
Wêreldekonomie dalk eendag gespeen van Saoedi-Arabië se olie
Saoedi-Arabië het wel aangekondig dat die skade so spoedig moontlik en met internasionale hulp herstel sal word, maar elke dag van verlore produksie kos die land baie geld en het ’n impak op die wêreldekonomie.
Afgryse oor besending van 60 000 skape na Midde-Ooste
NDBV met skok en afgryse gevul oor Al Shuwaikh-vaartuig wat Maandag by die hawe in Oos-Londen in die Oos-Kaap aangekom het.
Christen-kers in Midde-Ooste byna uitgedoof
Daar is ’n ander probleem waaroor in die Weste óf glad nie, óf slegs fluisterend gepraat word: Die grootskaalse vervolging van Christene, veral in die Midde-Ooste en Noord- en Oos-Afrika.
Beter benadering vir Midde-Ooste nodig
Die Midde-Ooste is ʼn komplekse streek, maar die Weste kan en moet ʼn positiewe bydrae tot groter stabiliteit in die streek lewer.
Trump-besluit oor Golan-hoogtes ’n fout
Die Trump-administrasie dra met sy besluit oor die Golan-hoogtes eerder by tot groter langtermynkonflik in die Midde-Ooste as om ’n volhoubare vredesoplossing daar te stel.
Hoe sal die jaar 2019 verloop?
Die wêreld het verskeie voortslepende knelpunte wat eintlik al die tekens toon dat dit gaan eskaleer, skryf Tienie Fourie.
Weste moet optrede van Saoedi’s in Jemen veroordeel
Dit is hoogtyd dat Amerika en ander Westerse lande hard en duidelik die optrede van Saoedi-Arabië in Jemen veroordeel.
Onder watter omstandighede is oorlog ooit veroorloof?
Kom daar ’n Derde Wêreldoorlog, of is dit reeds aan die gang? Ek weet nie, maar wat ek weet, is die volgende: Mammas, hou vas aan jul seuns en dogters. Politiek is gevaarlik!
Die impak van Khashoggi se moord op politiek bekyk
Die internasionale politiek in en rondom die Midde-Ooste is al dekades lank omgekrap. Maar dis pas verder omgewoel deur die moord op ’n Saoediese joernalis, Jamal Khashoggi.
Hoop steeds min vir vrede in Afganistan
Die probleem is egter dat solank daar chaos in Afganistan heers en mense in armoede en sonder behoorlike infrastruktuur moet leef, Afganistan ’n tuiste vir internasionale terroriste sal bly. Oplossings vir die probleme in Afganistan sal uit die Midde-Ooste self moet kom.
Sirië: Die Weste maak droog
Die militêre betrokkenheid van soveel lande in die Midde-Ooste is sekerlik ’n bron tot kommer. Verder is dit duidelik dat onstabiliteit in die Midde-Ooste gaan voortduur vir etlike jare, soos ons nou reeds generasies daaraan gewoond is. Hoewel: die konflik is nie meer Israel teen die res nie, maar eerder die Soenniete Alliansie (en die Weste) teen die Sjiïtiese Alliansie (en die Russe).
Konflik raak al hoe giftiger
Die wêreld hou al weer asem op vir die soveelste groot konfrontasie in die Midde-Ooste tussen die groot moondhede Amerika en Navo aan die een kant en Rusland en Turkye aan die ander kant.
Gevaarlike veranderinge in Trump-regering
Die onlangse afdanking van Rex Tillerson as Amerikaanse minister van buitelandse sake en generaal H.R. McMaster as nasionale veiligheidsadviseur van die Trump-regering was nie goeie nuus nie. Slegter nuus, egter, is hul twee plaasvervangers.
Harde lesse uit herdenking van einde van Eerste Wêreldoorlog
Die Eerste Wêreldoorlog was veronderstel om die oorlog te wees wat ’n einde aan alle oorloë sou bring. Dit was ook ’n oorlog wat veronderstel was om vinnig oor en verby te wees. Uiteindelik was die Eerste Wêreldoorlog een van die grootste tragedies wat die wêreld en in besonder Europa gedurende die twintigste eeu getref het.
Christenvervolging bly probleem
Teen die agtergrond van die vervolging en gevare wat Christene elders ter wêreld te beurt val, is dit duidelik dat Christene in Suid-Afrika hul godsdiensvryheid moet waardeer. Maar dan moet hulle ook leef soos dit Christene betaam.
Hervorming in Iran moet deur bevolking self gedryf word
Die beste antwoord vir Iran is geleidelike demokratisering en hervorming gedryf deur ’n jong, ambisieuse bevolking. Revolusie wat deur Westerse magte aangemoedig of selfs gedryf word, het die afgelope paar jaar reg oor die Midde-Ooste klaaglik misluk en sal ook in Iran rampspoedig wees.