Fieldview stel ʼn boer in staat om sy plaas in ʼn semi-proefplaas te omskep.
Lees meerAlles vir Sondag 4 April 2021
Pienk Proteas bloos amper bloedrooi
Te danke aan Fakhar Zaman moes Temba Bavuma tot in die 50ste boulbeurt oor sy veldwerkplasings en boulveranderings kopkrap en die Proteas het ’n groot sug van verligting geslaak toe hy uiteindelik uitgehardloop is.
Vyf lede van een familie in Vrystaat vermoor
Die liggame van vyf lede van ʼn familie is Sondag die een na die ander in ’n nedersetting in Qwaqwa gevind.
Radio Kaapse Kansel terug op die lug
Luisteraars kan weer op Radio Kaapse Kansel 729AM inskakel.
Kind (12) ernstig beseer toe gesinsmotor pad verlaat
Die ma en seun het onder uit die kloof om hulp geskree.
Jong vrou vas wat baba glo ontvoer
Die vrou word daarvan beskuldig dat sy haar vriendin se baba ontvoer het.
Foto’s: Só vier die wêreld Paassondag
’n Paasmis is vandag in die Kerk van die Heilige Graf in Jerusalem gehou.
Man langs pad op ‘teregstellingswyse’ doodgeskiet
Die bestuurder van ’n minibustaxi het uitgeklim om ’n papwiel te ruil nadat skerp penne oor die pad gegooi is.
Lesufi ontken ‘geheime’ tendervergadering
Lesufi sê nou die opname waarin hy sê dat dit sy verantwoordelikheid as LUR is om te verseker dat tenders “sy mense” tevrede stel, is gemanipuleer.
Internasionale oorsig: Steun vir Merkel se CDU daal skerp
Die afgelope twee weke het steun vir die regerende Christen Demokrate (CDU) van die Duitse bondskanselier Angela Merkel met tussen 7% en 11% in verskillende peilings afgeneem. Jaco Kleynhans ontleed die situasie en ander belangrike internasionale nuusgebeure.
Total verlaat Mosambiek-gasaanleg
“Total is weg en dit sal moeilik wees om hulle te oorreed om terug te keer.”
Ouers vra hulp vir seun met seldsame siekte
ʼn Seldsame mediese toestand wat veroorsaak dat spier- en vetweefsel in been verander, lei daartoe dat stukke been uit ʼn kleuter se onderarm en regterskouer groei.
Radio Kaapse Kansel tydelik van die lug weens plundering
Die koperplaat waarop die sender staangemaak is, is uitgebreek en verwyder.
Jonathan Ball was ‘vreesloos, ʼn goeie uitgewer’
Die Suid-Afrikaanse uitgewer Jonathan Ball is Saterdag oorlede.
Lesufi se kop geëis oor tender-uitlating
Solidariteit meen Lesufi en sy kaders het “plunderaars onder die dekmantel van ʼn regering geword”.
Paasfees-oordenking: ‘Hy het die wêreld oorwin’
“Jesus gee vir sy dissipels – saam met ons – die waarborg van moeilike tye in die lewe. Maar ook die belofte dat Hy die wêreld oorwin het.”
Hoofregter appelleer teen ‘gebrekkige, oppervlakkige’ uitspraak
Mogoeng voer aan dat die regter se redenasie rakende sy pro-Israel-uitlatings “gebrekkig” en “ontstellend oppervlakkig” was.
Drie sterf in botsing op N1
’n Bakkie en Toyota Fortuner het glo reg van voor gebots.
Europese rugby: Beseringspook kuier in Bokke se slot-spens
Die Springbokke se oorsese slot-spens is besig om leeg te loop nadat Lood de Jager sy soveelste besering opgedoen het.
Terreur in Mosambiek: SA moet huis in orde kry
Cabo Delgado in die noorde van Mosambiek is weens uiterste geweld op ʼn mespunt gebalanseer en die afgelope week se gebeure het die res van die wêreld daarvan laat kennis neem.