Man langs pad op ‘teregstellingswyse’ doodgeskiet

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

ʼn Man is Vrydag in die vroeë oggendure oënskynlik koelbloedig doodgeskiet op die R566 in die omgewing van De Wildt in Noordwes.

Die voorval volg nadat ʼn ketting met skerp penne oor die pad gegooi is en die Toyota Quantum- minibustaxi waarin die man en twee ander passasiers gery het, ’n pap wiel gekry het.

Kapt. Sam Tselanyane, woordvoerder van die provinsiale polisie, sê Sello Kgasi (58) was omstreeks 00:55 met twee vrouepassasiers tussen Mmakau en Brits op pad toe die taxi ’n pap wiel gekry het weens die skerp voorwerpe in die pad.

Kgasi het uitgeklim om die wiel te ruil maar is in ’n lokval deur twee gewapende mans doodgeskiet.

Die mans het Kgasi van sy persoonlike vuurwapen en besittings beroof. Die mans het ook die vroue van kontant en hul selfone beroof voordat hulle op die vlug geslaan het.

Volgens Tselanyane het die twee verdagtes met mekaar in Shona gekommunikeer. Hulle word sedertdien gesoek.

Lt.genl. Sello Kwena, provinsiale polisiehoof, het die moord ten sterkste veroordeel en ʼn 72-uur-aksieplan in werking gestel in ’n poging om die moordenaars vas te trek.

“Die publiek, veral motoriste, word gewaarsku om baie waaksaam te wees wanneer hulle snags daardie gebied nader, aangesien dit ʼn brandpunt word.”

Enigeen met inligting rakende die verdagtes word versoek om sers. Aubrey Kgomo by 082 520 1598 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Sarel ·

Huurmoorde en Huurmoordenaars raak nou algemeen in SA en blykbaar vzn die moeilikste om op te lis

Anel ·

Is taxis van die aandklokreël vrygespreek of het ek dit maar net gemis waar die aandklokreël opgehef is?

Persheks Adri ·

Stem Anel die reëls tel mos net vir ons blankes hulle kan mos maak wat hulle wil!

Tanja ·

Wat gaan aan in diè land, geen wet en orde nie, almal kan moor en roof en brand en plunder nes hulle wil

Eltan ·

Die hele suid afrika is n brandpunt…en ja ek spel die naam aspris met klein letters….want dit wat dit geword het verdien nie meer om as n demoktlratiese land gesien te word nie..maar eerder n disfunsionerende hel hool…

richard ·

Tragies maar die vraag is hoekom was hulle 00h55 op die pad aangesien die aand klok reel 24h00 is

Roedolf Johannes ·

As die wette nagekom word Aandklok reël,kon hy dalk nog gelewe.Maar weereens wette bestaan nie vir Taxiś nie,Hulle betaal hulle omkoop geld en kom weg met alles.Blykbaar het dit toe met die een gewerk nie

Di ·

Seker weer onwettig in land van Zimbabwe of Mosambique! Shona taal word in hierdie lande gepraat. Useless regering moet plan maak met die miljoene onwettige immigrante en die weermag kry om die grense te bewaak. Weet regtig nie wat die weermag lede doen nie want als in weermag het ten gronde gegaan.

jzjz05 ·

Al wat die moordenaars tweekeer sal laat dink is die doodstaf. n lewe vir n lewe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.