Jonathan Ball was ‘vreesloos, ʼn goeie uitgewer’

Die Suid-Afrikaanse uitgewer Jonathan Ball. (Foto: Johan Marais/Facebook)

Die Suid-Afrikaanse uitgewer Jonathan Ball is Saterdag dood. Hy was 69 jaar oud.

Ball, stigter van Jonathan Ball Publishers, is dood ná ’n stryd teen kanker, berig eNCA.

“Hy was vreesloos, ʼn goeie uitgewer en ʼn nog beter vriend,” het Eugene Ashton, uitvoerende hoof van Jonathan Ball Publishers, intussen op Twitter gesê.

Ball het dié uitgewery in 1976 op die been gebring en het veral uitgeblink in niefiksie oor Suid-Afrikaanse politiek, aktuele sake, biografie en geskiedenis. Bekende skrywers wat by Jonathan Ball uitgegee het, sluit in Wilbur Smith, Jonny Steinberg, Redi Tlhabi, Mark Gevisser, Sisonke Msimang, Justice Malala, RW Johnson, Richard Steyn, Margie Orford en Michiel Heyns.

Die uitgewer bemark en versprei ook verskeie Britse en Amerikaanse boeke – onder meer die Harry Potter-reeks en romans van Hilary Mantel en Jodi Picoult.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.