Jong vrou vas wat baba glo ontvoer

Argieffoto bloot ter illustrasie (Foto: Unsplash)

’n Jong vrou is Sondag by ’n kerk in hegtenis geneem in verband met die ontvoering van haar vriendin se drie maande oue baba.

Sers. Christopher Spies, woordvoerder van die polisie, sê ʼn 20-jarige vrou is in die omgewing van Plettenbergbaai in hegtenis geneem nadat haar vriendin se babadogtertjie Saterdagmiddag by dié se huis in die omgewing van Knysna vermis geraak het.

Die vrou en kind is vroeër vandag by ’n kerk in Kwanokuthula opgespoor nadat die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe in George’n soektog na die baba van stapel gestuur het.

Daar word vermoed dat die vrou by haar vriendin gaan kuier het waar sy haar vriendin se baba onder valse voorwendsels gevat en verdwyn het.

Die vrou is in hegtenis geneem op aanklag van ontvoering. Sy sal na verwagting binnekort in die landdroshof in Knysna op dié aanklag verskyn.

Sy bly tot dan in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JM ·

Hoekom doen ‘n mens soiets en dink dan dat jy daarmee gaan wegkom!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.