“Suid-Afrika kan nie ʼn herhaling bekostig van die beurtkrag wat die land vroeër vanjaar lamgelê het nie.”
Lees meerAlles vir Donderdag 19 September 2019
Rugbywêreldbeker: ‘SAUK ontneem Suid-Afrikaners van samehorigheid’
“Dit is jammer dat die SAUK se onvermoë om die Wêreldbeker-rugbytoernooi uit te saai miljoene Suid-Afrikaners die geleentheid gaan ontneem om te deel in die euforie en samehorigheid.”
SANParke, vakbonde sluit ooreenkoms
Geen beplande protesoptrede sal dus Vrydag voortgaan nie.
DA wys groot tekort aan polisiebeamptes by stasies uit
Soveel as 90% van die polisiestasies in vier van die land se nege provinsies voldoen nie aan die VN se aanbeveling van een polisiebeampte vir elke 220 inwoners nie.
Mthembu byna in trane oor geslagsbaseerde geweld
“Julle sal my moet verskoon as ek emosioneel raak wanneer ek oor vroue praat want baie van ons het dogters.”
Spesiale kabinetsvergadering takel ekonomiese groeiplan
Mboweni se idees steun sterk op die markekonomie en het reeds kritiek uit die geledere van Cosatu, die EFF en die populistiese groepering van die ANC ontlok.
Parlement hoor van aanslag op Afrikaans
Sy het gesê Afrikaans se spore loop diep in die land, maar dat die ANC-regering se optrede die taal onder druk plaas.
ToekomsVenster: Het jy al vuurvliegies gesien?
As jy fyn oplet sal jy die dartelende vuurvliegies in jou donker oomblikke raaksien. Jou oë moet effe ingestel wees en jy moet dalk soek, maar dit is daar.
Baasbrein agter Amy-Leigh-ontvoering se familie “baie, baie kwaad” vir haar
Amy-Leigh is aangehou in ʼn plek “wat nie geskik is vir enige mens nie en veral nie vir ʼn kind nie”.
Au pair stories: Brugge, brandalarms en winterkoue
Alle probleme is opsy toe ek tienuur in die bed klim: so dik aangetrek soos ʼn Eskimo. Ek lê en glimlag gelukkig terwyl ek die geselligheid van die ander gaste rondom my hoor. Ek wil die avonture van hierdie dag vir niks verruil nie… My selfoon wys dis -10 °C.
Taalgebruik: datum
‘n Proses verloop “volgens plan” en iets word “bygewerk” (nie “opgedateer” nie). Taaltoffie stel ondersoek in.
Die wêreld in foto’s – 19 September 2019
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Vier dood, vyf beseer in gru-ongeluk
Vier mans het noodlottige beserings in die motorongeluk opgedoen en is op die toneel dood verklaar.
Voorgeskrewe bates is deel van ʼn kommerwekkende patroon
Die probleem is deels dat die beplande besonderhede van voorgeskrewe bates nog nie bekend is nie. En soos die gesegde lui: die duiwel gaan in die detail wees. Die belangrike punt is dat die beginsel nie ’n goeie een is nie – of dit nou 5% of 50% van aftreefondse gaan wees, dit is in ’n markekonomie die swakste dryfkrag vir beleggings.
Trump se nuwe veiligheidsadviseur praat ook Afrikaans
“Suid-Afrikaners is na my mening die gasvryste mense ter wêreld en ek het dit veral by Kovsies ervaar.”
André Schwartz stel nuwe album, Die pad, bekend
Die nuwe album bestaan uit tien oorspronklike snitte en vier bonussnitte.
TLU SA beraam planne om middelman uit te sny
Die landbou-organisasie kyk na oplossings om die waardeketting korter te maak.
Podlitiek: Lesufi, Malema en die misdaaddilemma
Paul Maritz, Ernst van Zyl en Daniël Eloff skuif weer oudergewoonte agter die Podlitiek-mikrofoon in. Hulle bespreek Panyaza Lesufi en Julius Malema se jongste uitlatings op sosiale media, asook die jongste misdaadstatistiek.
Metrobus kan groot verlies ly weens staking
“Meer as 30 000 passasiers moet gebruik maak van alternatiewe vervoer weens die staking.”
Kyk! Dié sebra het kolletjies
ʼn Sebravulletjie met kolletjies het tot groot opwinding gelei in die Maasai Mara-park in Kenia.