Die week gesels die Podlitiek-span oor die jongste vlak 1-inperking, die begrotingsrede en die implikasies vir die gebruiker, en die privaat sektor se betrokkenheid by die land se entstofprogram.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Podlitiek"
Podlitiek: ’n Bietjie Podlitieke filosofie
Luister gerus hierdie week se Podlitiek as jy die dieper storie agter die onlangse begrotingsrede, en die dieperliggende stromings daarvan, uit ’n ander hoek wil hoor.
Podlitiek: Zuma speel vuil, staatsrede laat ons huil
In dié week se episode gesels die Podlitiek-span oor oudpres. Jacob Zuma se weiering om voor die Zondo-kommissie te verskyn, pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede en Eskom se 15%-tariefverhoging.
Podlitiek: Oor entstowwe verleë en Zuma drink tee
In die week se aflewering van Podlitiek word daar gekyk na die aanskaffing van entstowwe, die nuwe minimumloon en Julius Malema en Jacob Zuma se teepartytjie.
Podlitiek: Dokters kry dalk Vredeprys, Zuma met gebalde vuis
Dié week gesels die Podlitiek-span oor die regering wat die Kubaanse gesondheidsorgwerkers vir die Nobelprys vir Vrede wil benoem, oudpres. Jacob Zuma en die Zondo-kommissie asook onteiening sonder vergoeding.
Podlitiek: Skole gesluit, ligte steeds uit & Pfizer se spyt
Hierdie week gesels die Podlitiek-span oor skole wat eers later open, Eskom wat weer beurtkrag toepas en die Suid-Afrikaanse regering se onvermoë om voldoende entstowwe te bekom.
Podlitiek: Washington onbeskof, verkiesing met verlof, Covid-19-entstof?
Hierdie week word geloer na die stand van verkiesings in Suid-Afrika, gevolg deur vrae oor die Covid-19-entstof se aankope, en die impak van die huidige onsekerheid in die VSA kom ook onder die loep.
Podlitiek: ʼn (Mal) jaar in oorsig
In die week se episode gee die Podlitiek-span ʼn oorsig van die jaar en die koronavirus, pres. Cyril Ramaphosa se prestasie en dan kom die Amerikaanse verkiesing onder meer ook onder die loep.
Podlitiek: Coligny-2 vry, vraestelle wat uitgly en verkiesingswet-gesukkelry
In hierdie week se episode kom die vrylating van die sogenaamde Coligny-2 aan die beurt, ondersoek na matriekvraestelle wat uitlek word gedoen en die nuwe verkiesingswetgewing word ontleed.
Podlitiek: Brackenfell-brekers en Ace se asbesmoles
In die week se episode van Podlitiek kom die gebeure by Hoërskool Brackenfell en die lasbrief vir Ace Magashule onder die loep.
Podlitiek: Mmusi se brief en mense wat oor rassisme lieg
In dié week se episode van Podlitiek kom Mmusi Maimane se brief aan wit Suid-Afrikaners onder die loep. Die span bespreek ook die saak waar twee polisiebeamptes onlangs gevonnis is vir vals klagte van rassisme en die boemerang-tema van grondonteiening sonder vergoeding tree weer na vore.
Podlitiek: Hertzogville-brande en vermorste Covid-rande
In hierdie week se episode gesels die Podlitiek-span oor die gebeure in Senekal en Hertzogville. Daar word ook gepraat oor Covid-19-fondse wat vermors is, gesteel is, of sommer net verdwyn het.
Podlitiek: Die Brendin Horner-optog en Vrystaat se asbesbedrog
In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor die moord op Brendin Horner en die gebeure by die Senekal-landdroshof waar sy vermeende moordenaars verskyn het. Die Vrystaatse asbesbedrog kom ook onder die loep.
Podlitiek: Debatsvenyn, werke kwyn en dié besighede gaan dalk verdwyn
In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor die debat tussen Donald Trump en Joe Biden, die werkloosheidsyfers en die Gautengse premier se voorstel vir spesiale ekonomiese sones.
Podlitiek: Braaivleis, Bheki en die Boere
In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor onlangse uitlatings deur polisieminister Bheki Cele, die betekenis van Erfenisdag en laastens die afsterwe van die Amerikaanse regter Ruth Bader Ginsburg en wat dit beteken so kort voor die Amerikaanse verkiesing.
Podlitiek: Vrede, vlugte en burgerlike teenwigte
In dié week se episode gesels die Podlitiek-span oor voorgeskrewe bates, die ANC se vlug na Zimbabwe, asook Bahrein en Israel se nuwe bande.
Podlitiek: Clicks se hare waai, ekonomie afgemaai en DA maak ‘n draai
In dié week se episode gesels die Podlitiek-span oor die hare wat waai weens Clicks se advertensie, die DA se afgelope beleidskongres en die ekonomiese krisis.
Podlitiek: Plaasgewelddebat, DA- en ANC-vonke spat, KSA-rassegat
In ’n besige nuusweek word die parlementêre debat oor plaasmoorde, die bedanking van die DA se hoof in Gauteng, die ANC se NUK-vergadering, en Krieket Suid-Afrika bespreek.
Podlitiek: VSA verkiesing – Trump-loesing of Biden-verwoesting?
Met die Amerikaanse verkiesing so ’n bietjie meer as twee maande weg, voer die Podlitiek-span ’n analitiese gesprek rakende die kanse en toestand van beide kandidate, asook beide partye wat aan hierdie verkiesing van 3 November gaan deelneem.
Podlitiek: Bokke wil nie kniel, inperking verniel en korrupsie laat steeds wiel
In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor minister Nathi Mthethwa wat ʼn verduideliking eis oor Suid-Afrikaanse rugbyspelers wat nie gekniel het vir BLM nie, vlak 2 van die inperking en die ANC se teenkorrupsie-veldtog.