“Die slagoffer het die voorvalle aan ʼn persoon wat hy vertrou het bekend gemaak waarna die saak onder die aandag van die polisie gebring is.”
Lees meerAlles vir Vrydag 22 September 2023
Pos Rand Water se hoof, eis DA
“Weens die gebrek aan instandhouding en bestuur van sy waterstelsel het Rand Water reusewatertekorte in Gauteng veroorsaak wat sommige inwoners al vir meer as ʼn maand sonder water gelaat het.”
Jong man vermis in see by Kampsbaai
Die vermiste 21-jarige man van Middelburg, Mpumalanga, was deel van ʼn kerkgroep wat die strand besoek het tydens ʼn naweekkerkgeleentheid in Groenpunt.
Legato Koorfees sprei vlerke na Mauritius in 2024
“Ons was oorbluf deur die hoeveelheid talent en die harde werk wat kore ingesit het.”
Landdros en haar man verdwyn spoorloos
ʼn Uitgebreide soektog is deur die polisie begin nadat ʼn streekslanddros in die Vrystaat en haar man spoorloos verdwyn het.
Video: Avbob belê miljoene in SA se poësie-erfenis
“Die uitbou van ons poësiegemeenskap help mense om bemoediging en samesyn te vind, in die lees en skryf van hierdie lewegewende en ondersteunende kunsvorm.”
William Nicol heet voortaan Winnie Mandela
William Nicol-rylaan in Johannesburg se naam verander amptelik na Winnie Mandela-rylaan.
Hoender- en eiertekorte kom dalk oor ‘ergste voëlgriep’ nóg
Suid-Afrikaanse pluimveeboere waarsku teen moontlike hoender- en eiertekorte te midde van die ergste voëlgriep-uitbreking wat die land nóg getref het.
ToekomsVenster: Wat is jou nalatenskap?
Somtyds word jou nalatenskap baie jare later eers besef en gevier. Nalatenskap en dankbaarheid vir die lewe as genadegawe, is verwant. Dis ʼn dankbare mens wat iets nalaat.
Klag van poging tot moord ná ‘dagga-muffins’ kinders siek maak
Twee mans is in hegtenis geneem en het Vrydag in die hof verskyn in verband met die voorval vroeër die week waarin tientalle leerders mediese hulp moes kry nadat hulle glo muffins met dagga in geëet het.
Geen beurtkrag die langnaweek
Beurtkrag sal tot Saterdagoggend geld voordat dit vir die res van die langnaweek opgeskort sal word.
Intercape terug hof toe oor polisie se ‘verstommende mislukkings’
Die maatskappy het die dringende aansoek teen die minister van polisie, die nasionale polisiekommissaris en vyf provinsiale kommissarisse sowel as die Valke ingehandig.
Verbruikers bobaas by varsprodukte
Omdat verbruikers steeds versigtig is om hul begrotings te oorskry, moet maatskappye verbruikersbevrediging met bekostigbaarheid balanseer.
Faf ook op sy gemak as losskakel
Faf de Klerk kan die skuif na losskakel maak as sou dit moet, maar staan bankvas agter sy spanmaat Manie Libbok.
Kaapse brandbestryders blus brand op vragskip
Die skip het op 2 September uit Brasilië vertrek en was vir Hongkong bestem toe die brand in sy diggepakte vragruim uitgebreek het.
Jou skeppingsdoel: Wat hou jou terug?
“Ek kry daagliks met vroue te doen wat my inspireer omdat hulle sukses behaal het in hul veld en uitgestyg het bo hul omstandighede. Maar, terselfdertyd sien ek ook soveel vroue wat nog nie hul doel en roeping gevind het nie.” Wat is jou skeppingsdoel?
Swaar vonnis vir drie wat broodbome smokkel
“Die verdagtes het die voertuig met 50 broodbome daarin laat vaar. Hulle het glo nie ʼn permit gehad om die plante te besit óf te vervoer nie,” sê Mohobeleli.
Jan Alleman kan nou verifikasie vir Instagram koop
Volgens Meta wil hulle met die verifikasiediens help om die toenemende probleem van skelmstreke en robotte op Instagram te bekamp.
Nieu-Seeland ondersoek raar siekte wat bedreigde pikkewyne eis
Volgens skattings deur Nieu-Seeland se departement van bewaring is daar sowat 2 400 van dié volwasse voëls oor. Die diere word as nasionaal bedreig beskou, die land se hoogste risikovlak.
Nege meter lange walvis uit vissersnet gered
Teen die tyd dat reddingswerkers by die jong walvis uitgekom het, was hy moeg en lusteloos.