Frankryk se invloedryke Antoine Dupont moes die veld in trane verlaat nadat hy koppe met Namibië se Johan Deysel gestamp het.
Alles vir Vrydag 22 September 2023
ATKV-Woordveertjies: Hiér is die 2023-wenners
Antjie Krog, Irma Venter en Chris Karsten is van die skrywers wat die afgelope week met ATKV-Woordveertjies bekroon is.
Stellantis gaan eenton-bakkie in SA bou
Stellantis het bekend gemaak dat hy ʼn moderne motoraanleg in die Oos-Kaap gaan oprig as deel van ʼn belegging van R3 miljard in Suid-Afrika.
Fliekresensie: Onbekende Agatha Christie-storie kry lewe op grootskerm
Dis die ene atmosfeer, gruwelgebeure, hol stemme van die anderkant van die graf, en spoke. Nie eintlik waaraan ʼn mens van die geniale ou dame gewoond is nie.
Slagoffer byt rower wat langs pad toeslaan
“Daar word verder berig dat die verdagtes hulle as wetstoepassers voorgedoen het en sodoende die slagoffers beveel het om te stop.”
‘La’t wiel’ gooi weer wilde draai op die kassie
Hannes Visser skryf ‘La’t wiel’, wat al 540 episodes het, se sukses daaraan toe dat dit steeds die enigste toegewyde Afrikaanse motorprogram op TV is.
Bok-bankkrag: Farrell het nie slapelose nagte
Die Iere se afrigter het dit wel grappenderwys oorweeg om sewe agterspelers en een voorspeler as plaasvervangers vir die wedstryd teen Suid-Afrika te kies.
Luister: Bokradio se Wimpie vir internasionale countrymusiekprys benoem
Nimmer as te nooit het Wimpie van der Sandt gedink dat ʼn reusemusiekkonsert tot ʼn benoeming by die Internasionale Country-musiektoekennings sou lei nie.
Suid-Afrikaners ál minder ekonomies vry
Die Economic Freedom of the World (EFW-)indeks toon dat Suid-Afrika se jongste rangering die laagste nog ooit is, en sy telling van 6,53 (uit 10) is die tweede laagste sedert die oorgang van 1994.
Beurtkrag Vrydag tot 16:00 opgeskort
Die kragvoorsiener sê nou daar is ʼn verminderde vraag na elektrisiteit en onklaarrakings staan op 13 445 MW opwekkingskapasiteit.
Herstelwerk aan ikoniese Muizenberg-huisies vorder fluks
Sodra die projek voltooi is, sal die huisies op Muizenbergstrand weer oopgestel word vir lede van die publiek.
Resep-video: Paptert
Wie kan dan nou braai sonder ʼn lekker stukkie paptert?
Gedig: Te klip om te boom
“Maar voorwaar: vóór boom kan boom moet klip eers klip.” Lees hier DJ Opperman se gedig “Te klip om te boom”.
MRK gaan ‘rassistiese’ dosent by UV ondersoek
Mzileni het op 25 Julie LLB-tweedejaarstudente van Suid-Afrikaanse inheemse reg aan die UV toegespreek oor die tema kolonialiteit, sosiale geregtigheid en konstitusionalisme. Volgens Van der Vyver was sy lesing belaai met ’n reeks “diep opruiende en bevooroordeelde opmerkings wat rasseverdeling en vyandigheid aanvuur”.
Vyf boerekosgeregte vir Erfenismaand
Kos is beslis die pad na ʼn Afrikanerhart.
Podlitiek: Vullisverwydering stadig, haatspraakwetsontwerp eensydig en Bela-wet venynig
Die stories wat in dié episode ontnonsens word, sluit in die Samwu-staking wat stadige vullisverwydering in Pretoria veroorsaak.
Hane se spel laat vonkelwynproppe klap
Frankryk het Namibië met 96–0 geklop en wanneer hulle in só ʼn bui is, gaan hulle bitter moeilik in die uitkloprondes van die Wêreldbeker-toernooi gestuit word.
Polisie skiet twee by Ballito-landgoed dood
Polisiebeamptes van die KwaZulu-Natalse stabiliseringseenheid het inligting opgevolg oor waar die aanvallers hulle moontlik bevind en is na die huis op die ongenoemde landgoed waar die verdagtes op hulle losgebrand het.
Afrika-renostergetalle styg eerste keer in meer as dekade
Die syfer op die vasteland het teen die einde van verlede jaar op 23 000 gestaan, ʼn toename van 5,2% in vergelyking met ʼn jaar tevore.
Wits-student bewusteloos gekry ná ontvoering
Die 18-jarige student is deur ʼn sosialemediaplatform gelok en R30 000 is van sy familie geëis vir sy veilige terugkeer.