Slagoffer byt rower wat langs pad toeslaan

(Foto: Pieter Cloete/Maroela Media)

ʼn Slagoffer van ʼn gewapende rooftog in Mpumalanga het een van sy aanvallers aan die hand gebyt nadat dié hom met ʼn vuurwapen gedreig het.

Volgens die polisie het twee verdagtes, met ʼn blou lig op hul voertuig, ʼn motor voorgekeer wat Donderdag omstreeks 04:45 naby die N4 in Dalmanutha, naby Belfast, gery het.

“Na bewering het die verdagtes hulle as wetstoepassers voorgedoen en die slagoffers beveel om stil te hou,” sê brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder.

Die bestuurder van die voertuig is beveel om na ʼn weegbrug te ry, terwyl nog ʼn aanvaller na die passasierskant van die voertuig is, waar hy glo ʼn vuurwapen uitgepluk, die motoris se seun daarmee gedreig en toe sy paspoort gevat het.

Pa en seun is Mosambiekse burgers.

Mohlala sê in hierdie stadium het ʼn struweling tussen die seun en die verdagte met die vuurwapen ontstaan.

“Die verdagte is op een of ander manier deur die jongeling ontwapen. Hy het die pistool gegryp en die [aanvaller se] hand gebyt.

“Die verdagte het egter die motoris se seun aan die oor teruggebyt voordat albei verdagtes op die vlug geslaan het.”

Hulle het die vuurwapen agtergelaat, maar met die paspoort laat spaander.

(Foto: Verskaf)

Die voorval is by die polisie op Belfast aangemeld waarna ʼn saak van gewapende roof ondersoek word. Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort. Die polisie het ook op die vuurwapen beslag gelê.

Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, provinsiale polisiekommissaris in Mpumalanga, het groot kommer oor rooftogte – deur aanvallers wat blou ligte gebruik om hul slagoffers te vang – te kenne gegee.

“Ons doen ʼn beroep op mense om versigtig te wees vir hierdie misdadigers wat niksvermoedende slagoffers uitbuit. Ons is op die verdagtes se spoor en dit is net ʼn kwessie van tyd voordat ons hulle aan die pen laat ry.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Peetjie ·

Hoe moet ons “versigtig” wees… ons moet stop vir polisie – want as jy aanhou ry na die naaste polisie stasie word jy vervolg vir ignoring ñ wets toepasser” en as jy stop is dit nie regtig polisie nie…wàt en hoe moet ons doen?

Marcello ·

Stop, maar draai jou venster effens oop en vra vir identifikasie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Jy verwag baie. Die polisie se knuppels is veeldoelig.

Mnr De Beer ·

Jy kan kies. Of die land se korrupte kaders teen te staan. Of om te glo dat die wet jou meer beskerm as n krimineel in die land en jou deur en ruit oop draai en gevaar verwelkom in jou voertuig of huis. Jou keuse.

Roek ·

Orals op die pad is daar nOU alle tiepe motors , LW ongemerk met alle soorte flitsende ligte wat op die paaie ry ,al wat ek weet is dat die wettige uitkennings lampe is Geel vir Sekuriteit , Onderhoud, lw nie alle nie , insleep voertuie escom en telekom en sommige abnormale trokke, Klein groen liggies op die voorspan motor bo 35oo kg , Rooi ligte vir nood voertuie soos ambulanse , mediese reageer motors en brandweer voertuie, Blou en lyk vir my rooi ligte (kombinasie ) was eers ontoelaatbaar , weet nie of dit gewysig was intussen nie )op enige wetstoepassers se voertuie , nie sekuriteit nie (VREDESBEAMPTES).AAR IS GEEN OPTREDE TEEN DIE MENSE NIE EK WONDER ………..

Suzette ·

So 2 jaar terug was ons oppad vir ‘n wegbreek naweek. Ons het by ‘n stopstraat in Vryburg gestop. My seun het agter my gesit aan die passasiers kant. Die volgende oomblik trek daar net glasstukkies oor my. Die grypdief het die venster stukkend geslaan om my seun se selfoon te probeer gryp. Net daar in ‘n flinke oomblik byt my seun hom met mening aan sy voorarm. Dit was sekondes toe is hy weg. Ons het onmiddelik na ‘n publieke badkamer gery, sodat hy sy mond deeglik kan borsel vir wis en onwis. Dit was daai tyd vreesanjaend en ons vermy steeds daardie gedeelte, maar die opskrif het my nou so bietjie laat lag. Miskien is byt die andwoord.

Bolandse Nooi ·

Glo my, die kans dat jou seun iets soos herpes of die een of ander aansteeklike siekte aan die “wannabe” dief sou oordra, is groter as wat hý iets sou opdoen deur die “wannabe” dief te byt. Die mens se byt is nogal heel gevaarlik, veral as daar vel-breking is, a.g.v. die hoeveelheid kieme wat natuurlik in en om die mond, asook in speeksel teenwoordig is.

JohanR ·

Help my uit mense. Hoe kan jy weet dit is ‘n rerige blou lig met rerige polisie, of boosdoeners. As jy na die naaste polisie kantoor of petrol stasie toe ry dan is jy in die moelikheid want jy het nie gestop nie. As jy stop en dis boosdoeners dan is jy, jou gesin en jou motor in gevaar.

Mnr De Beer ·

Niemand het veel n keuse in die land wat volop is van kriminele. Al wat jy kan doen is om te kies waar jy moeilikheid wil optel. Of by die polisie of by n krimineel by die polisie. Onthou net kriminele het meer regte as ek en jy wat die wet probeer gehoorsaam.

Bolandse Nooi ·

Jy weet nie, daarom stop jy nie. Jy dui met jou noodligte aan dat jy bewus is van die bloulig-voertuig en ry dan na die naaste, helderverligte vulstasie of polisie stasie.

Wolfie ·

Hoe gaan hy hulle aan die pen laat ry? Ons regstelsel laat dit nie toe nie

Jacobus ·

Lyk vir my na n polisie pistool. Dalk nog polisiebeamptes wat wou roof.

Cherokee ·

Daar behoort ‘n wet gemaak te word wat rowers verbied om blou ligte te gebruik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.