Soorte resepte:

Vyf boerekosgeregte vir Erfenismaand

Kos is beslis die pad na ʼn Afrikanerhart.

Maroela Media bied jou ʼn opsomming van heerlike boerekosgeregte wat jy gedurende September, oftewel Erfenismaand, kan geniet.

Tradisionele skaapboud met gebraaide aartappels

Keer terug na jou ouma se kombuis met dié heerlike, nostalgiese en tradisionele skaapboudgereg.

Tradisionele skaapboud met gebraaide aartappels. (Foto: Lapa Uitgewers)

Kry die volledige resep hier.

Pampoenkoekies

Jou skaapboud gaan maar bra alleen daar op die bord lyk, ʼn pampoenkoekie of vyf sal beslis vir ʼn perfekte bykos sorg.

Kry die volledige resep hier.

Vetkoek met kerrievulsel

Daar is min dinge soos ʼn eg Suid-Afrikaanse vetkoek met ʼn heerlike maalvleisvulsel om die mae vol te maak.

Vetkoek met kerrievulsel. (Foto: 50 Boerekosgeregte/Lapa Uitgewers)

Kry die volledige resep hier.

Tradisionele pannekoek

Hoe kan ʼn mens Suid-Afrikaanse kos vier sonder om ʼn pannekoek of twee te verslind?

Tradisionele pannekoek. (Foto: Lapa Uitgewers)

Kry die volledige resep hier.

Souskluitjies

Sluit jou heerlike boerekosete met verruklike souskluitjies af.

Souskluitjies. (Foto: Lapa Uitgewers)

Kry die volledige resep hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Karoo ·

Sjoe… sjoe…. sjoe….wie gaan al die kos kook, ons kan baie mense nooi, my tanne swem, hoe laat moet ek daar wees?

Nommer 7 ·

Min van die genoemde kos is eg “Suid Afrikaans”. Eerder Maleis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.