Soorte resepte:

Resep: Vetkoek met kerrievulsel

Vetkoek met kerrievulsel. (Foto: 50 Boerekosgeregte/Lapa Uitgewers)

Daar is min dinge soos ’n eg Suid-Afrikaanse vetkoek met heerlike maalvleisvulsel om die mae vol te maak.

Bestanddele

Vetkoek

  • 500 ml lou water
  • 5 ml suiker
  • 2,5 kg koekmeel
  • 20 g (2 koevertjies) kitsgis
  • 250 ml volroommelk
  • 60 ml kookolie
  • 15 ml sout
  • olie vir diepbraai

Kerrievulsel

  • 2 kg uie, gekap
  • olie
  • 5 kg maalvleis
  • 1,5 kg aartappels, geskil
  • 1,5 kg wortels, gekap
  • 1 soetrissie, gekap
  • 470 g (1 bottel) blatjang
  • 450 g (1 blik) appelkooskonfyt
  • 250 ml bruinasyn, of na smaak
  • 80 g (1 pakkie) bruinuiesoppoeier sout, peper, kerrie, borrie na smaak

Metode

Vetkoek

  1. Meng die lou water en suiker en roer tot die suiker gesmelt het.
  2. Meng 1 koppie van die meel met die kitsgis en voeg die suikerwater by. Laat dit 7 tot 10 minute lank staan.
  3. Voeg die melk en 60 ml olie by. Voeg die res van die meel en die sout by en knie tot sag en elasties. Plaas die deeg in ‘n plastieksak en bedek dit met ‘n kombersie. Laat dit 1 ½ tot 2 ure lank op ʼn warm plek staan om te rys.
  4. Smeer die werkoppervlak met olie en rol die deeg uit. Vorm balle, so groot soos verkies, en druk dit plat. Bedek dit met ‘n skoon, klam vadoek om uitdroging te voorkom.
  5. Braai die vetkoeke 1 tot 2 minute lank in warm olie tot bruin aan weerskante.

Kerrievulsel

  1. Braai die uie in olie tot sag. Voeg die vleis by en roerbraai tot dit verbruin.
  2. Voeg die res van die bestanddele by en laat dit prut tot die groente gaar is. Geur dit na smaak.
  • Die vulsel is genoeg vir 80 middelslag-vetkoeke (16 vetkoeke per kg vleis).

Bron: 50 Boerekosgeregte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Stofdonkie ·

Ek gaan nou ‘n makliker resep volg en sal dit vir julle sommer gee.
Klim in kar, ry na vetkoek-winkel, koop soveel vetkoeke soos benodig plus 1, klim terug in kar, ry huis toe, geniet jou vetkoek!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.