Beurtkrag Vrydag tot 16:00 opgeskort

(Argieffoto: Twitter)

Nadat fase 1-beurtkrag aanvanklik Vrydag deur die dag sou geld, het Eskom dit nou van Vrydag om 10:00 tot 16:00 opgeskort.

ʼn Langnaweek lê voor, met Erfenisdag wat Maandag gevier word.

Die kragvoorsiener sê nou daar is ʼn verminderde vraag na elektrisiteit en onklaarrakings staan op 13 445 MW opwekkingskapasiteit.

Fase 2-beurtkrag sal Vrydag om 16:00 ingestel word en in hierdie stadium tot Saterdag om 05:00 voortduur.

Eskom sal vanmiddag die beurtkragvooruitsig vir die naweek bekend maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Adriaan ·

Nie as jy in Pretoria bly nie. Etlike gebiede is sedert Dinsdag en andere vanaf Woensdag sonder krag en behalwe vir beloftes deur raadslede dat dit “hopelik gou” herstel sal word is daar geen teken van vordering nie.

Jeanette ·

Ons is een van daai wat naby Rooiwal Kragstasie bly, nou hoor ons die waterwerke sal eerste aandag geniet en daarna sal hulle aandag gee aan die inwoners van die omgewing. Diere moet water kry, ons moet nog steeds gaan werk so waar kom die water vandaan om te bad. Maar as jy kyk na die fotos waar hulle besig is om te werk staan 5 met sonbrille op en gesels en net 1 is binne in die sloot besig om fondasies te grou

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.