MRK gaan ‘rassistiese’ dosent by UV ondersoek

Die Universiteit van die Vrystaat. (Foto: UV/Facebook)

Die Menseregtekommissie (MRK) het ingestem om AfriForum Jeug se klag van rassisme teen dr. Pedro Mzileni, ’n dosent by die Universiteit van die Vrystaat (UV), te ondersoek.

Dit volg ná die jeugorganisasie op 17 Augustus ’n klag ingedien het teen Mzileni, in reaksie op studente se klagtes oor dié dosent se beweerde rassistiese lesing terwyl hy as gasspreker opgetree het.

“Sy verdelende retoriek het voorgekom asof dit daarop gemik was om die vure van rasseskeiding en vyandigheid aan te wakker. Intussen het ’n student wat Mzileni se lesings in sosiologie bywoon ons in kennis gestel, en bewyse gestuur, van herhaaldelike rassistiese opmerkings deur dié dosent,” sê René van der Vyver, woordvoerder vir AfriForum Jeug.

Die jeugorganisasie het sy prokureurs opdrag gegee om die aanvullende bewyse van beweerde rassisme teen Mzileni aan die MRK te stuur.

“Dit is ’n stap in die regte rigting dat die MRK ondersoek gaan instel oor AfriForum Jeug se klag teen ’n rassistiese dosent. Ideologies verwronge en rassistiese inhoud wat op ons kampusse in studente se kele afgedruk word, mag nooit toegelaat word nie,” voeg Van der Vyver by.

Intussen word AfriForum Jeug se klag by die universiteit ook deur ’n onafhanklike prokureursfirma ondersoek en die aanvullende bewyse sal as ’n nuwe klag ingedien word.

AfriForum Jeug het verlede maand ’n dringende brief aan prof. Francis Petersen, visekanselier van die UV, gerig om te eis dat daar ondersoek ingestel word na Mzileni se lesing op 25 Julie 2023.

Mzileni het op 25 Julie LLB-tweedejaarstudente van Suid-Afrikaanse inheemse reg aan die UV toegespreek oor die tema kolonialiteit, sosiale geregtigheid en konstitusionalisme. Volgens Van der Vyver was sy lesing belaai met ’n reeks “diep opruiende en bevooroordeelde opmerkings wat rasseverdeling en vyandigheid aanvuur”. Hy het onder meer gesê dat wit mense die vyand is en na bruin mense en Asiërs as “deputy white people” verwys.

“AfriForum Jeug neem sterk standpunt in teen ideologies verwronge en rassistiese inhoud wat op ons kampusse in studente se kele afgedruk word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Bolandse Nooi ·

Ag hemel, ek wens almal wil van die rasse-waentjie afklim!!!

Jack ·

Ek sal nie my asem ophou nie.Enige iets wat die MRK ondersoek sal beoordeel word aan ras en daarvolgens sal uitspraak geskied.

Andrew ·

LLB, dit is die wat nou gaan regters word eendag. Hoe het net n handjievol voor die ” 92 enlightenment” era voorsien dat die soort van dinge gaan gebeur. Goed soos inheemse reg en sosiale geregtigheid hoort nie in n regstelsel nie en oor n 100 jaar sal kolonialimse , en by ons apartheid, nog steeds die blaam dra hoekom sekere kulture nie die mas in westerse of oosterse beskawing kan opkom nie.

B-Man ·

As die mas te hoog is dan sal ons net die slaagvereistes vir benadeelde studente verslap en die koloniale studente gaan al hoe minder toelating kry.

JN ·

N mas? Weet hul ooit wat n mas is?
Ek lees so wat Alexander te se het en ek verstaan hoekom hul altyd die agtergeblewene bakhande sal bly…

Willem ·

Los hom, as hy soggens in die spieël kyk sal hy elke keer dieselfde gesig (no pun intended) sien. En ook 20 jaar sal hy steeds dieselfde sien.

Althes ·

Dis wonderlike nuus. Danksy Afriforum Jeug en Afriforum word hierdie dosent in sy spore gestuit met sy bevooroordeelde gedrag.

Jakes ·

Daar is n menigte van hierdie mense wat op verskeie vlakke steeds teen witmense uitvaar. As Jan van Riebeek, die vorige bestel vir alles wat nou verkeerd gaan in SA verantwoordelik gehou word dan is Mzileni se belaglike stellings niks nuut nie. Wie is hy in elk geval? Die MRK sal waarskynlik niks daaraan doen nie.

Heinrich ·

Siestog, mense met ‘n minderwaardigheidskompleks moet maar ander afbreek om self beter te voel!

Amelia ·

Amerikaanse ideologiese retoriek wat na ons toe oorgewaai het en groot skade hier kom aanrig het (‘n oplewing van wrywing tussen rassegroepe wat eintlik nie meer bestaan het nie).

Martie Smartie ·

Daar is ‘n sterk retoriek by Unisa dat navorsingsmetodologie ge-dekolonialiseer moet word en dat Afrika metodes van navorsing gebruik moet word in die akademie. Die groot grap en ironie is dat daar geen Afrika navorsingsmedotologie bestaan nie. Navorsingsbeginsels is alles gelê deur die Weste en die VSA. So nou word enige nonsens wat daaroor verkoop word plaaslik aanvaar, omdat Unisa polities korrek wil wees. En die internasionale arena lag hule ‘n papie. Ook die Ooste aanvaar Westerse navorsingsbeginsels maar soos gewoonlik sal Afrika kom met ‘n klomp snert.

Di ·

En wat noem hy dan HOMSELF?? Ons almal weet mag mag dit net nie se nie.

Jannie van Niekerk ·

Hy is SWART so dit sal nie as rassisme beskou word nie maar as sy “REG” omdat hy ‘n “slagoffer” is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.