Landdros en haar man verdwyn spoorloos  

Mamello Thamae (Foto: Verskaf deur SAPD)

ʼn Uitgebreide soektog is deur die polisie begin nadat ʼn streekslanddros in die Vrystaat en haar man spoorloos verdwyn het.

Mamello Thamae (40), streekslanddros op Heilbron, en haar man, Lehlohonolo Maketoane (40), word sedert Vrydagoggend vermis.

Volgens kapt. Loraine Earle, polisiewoordvoerder, het Thamae glo Donderdagaand by haar huis in Heilbron aangekom.

“Daar word beweer dat haar motor Vrydag omstreeks 04:00 weer by die erf uit is.”

Klere en ʼn selfoon van Maketoane word uit die huis vermis terwyl Thamae se selfoon en klere nog in die huis is.

Die egpaar het vermoedelik met ʼn silwerkleurige Kia Sportage met registrasienommer HYT 809 FS gery. Volgens Earle is daar ʼn sterk vermoede dat die voertuig deur die grenspos by Ficksburg is.

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om die stasiebevelvoerder van Heilbron, lt.kol. MJ Mokheti, te kontak by 082 525 2303.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.