Geen beurtkrag die langnaweek  

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto: Unsplash)

Beurtkrag sal tot Saterdagoggend geld voordat dit vir die res van die langnaweek opgeskort sal word.

Fase 2-beurtkrag sal van vanmiddag 16:00 tot Saterdag om 05:00 geïmplementeer word waarna beurtkrag tot Dinsdagoggend opgeskort sal word. Volgens Eskom is dit danksy volgehoue verbeterde opwekkingsbeskikbaarheid sowel as die verwagte laer aanvraag oor die langnaweek.

Fase 1-beurtkrag sal Dinsdag om 05:00 ingestel word. “Gedurende die langnaweek sal Eskom aandag gee geringe defekte aan sommige opwekkingseenhede deur beplande instandhouding te verrig,” het die kragvoorsiener gesê. “Eskom sal die kragstelsel fyn monitor en enige veranderinge aan beurtkrag kommunikeer indien dit nodig sou wees.”

Onderbrekings beloop tans 14 364 MW se opwekkingsvermoë terwyl 5 731 MW van die vermoë afgeskakel is weens beplande instandhoudingswerk.

ʼn Opwekkingseenheid elk by die Arnot- en Kendal-kragstasie is in die afgelope 24 uur uit werking gestel vir herstelwerk. Die verwagte terugkeer van ʼn opwekkingseenheid by die Kendal-kragstasie is vertraag, wat verder bydra tot die huidige kapasiteitsbeperkings. Eskom-spanne werk onverpoosd daaraan om hierdie opwekkingseenhede weer in diens te kry.

Eskom verwag kragverbruik van 27 406 MW tydens die aandspitstye en doen ʼn beroep op die publiek om voort te gaan om die vraag te verminder deur nie-noodsaaklike toestelle af te skakel.

“Ons bedank graag diegene wat wel gehoor gee aan die oproep om elektrisiteit spaarsamig en doeltreffend te gebruik, insluitend die afskakeling van geisers en swembadpompe van 17:00 tot 21:00, aangesien dit die vraag verlaag en help om die druk op die kragstelsel te verlig en bydra tot laer fases van beurtkrag.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

JohanR ·

Dit sal ons maar moet sien. Ons wonderlike minister van krag tot krag, sal iewers oor die lang naweek in panic stations ingaan. Dan le jy nog 22h00 in die bed en lees dan woops is die krag af!

Casper ·

Dit is vir my geen prestasie nie,daar is nie veronderstel om hoegenaamd enige beurtkrag te wees nie.So was dit in die apartheidsjare maar die a n c is te danke daarvoor.

Casper ·

Dit is interessant dat dinge beter gaan na ‘n sekere dame by eskom geskors is.Ek dink nie ons besef werklik wat die inpak van korrupsie,diefstal en sabotasie op eskom het nie.

Duck ·

Vir hoe lank? Ons glo ook mos in die “easter bunny”, Tooth fairy en Father Krismis”

Karoo ·

Kyk net hoe word ons gepaai…. die kaders neem seeker ook “lang naweek” wonder hoe gaan dit op Erfenis dag verloop…. in die lig of in die donker? Wat dink julle???

JohanEtz ·

Goeie tydsberekening vir die Springbokke se wedstryd teen Ierland Saterdag 21h00

Wakkerslaper ·

Nê? En ons moet seker nou vreeslik dankbaar wees? Wat ‘n derde wêreld hool van pes en ellende!

Sê maar net ·

Mmmmm. Ons sal maar sien. Baie skepties oor dit. Dan spring ons weer boems! terug na fase 6. :-(

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.