William Nicol heet voortaan Winnie Mandela  

Winnie Madikizela-Mandela (Foto: Ayanda Ndamane/ANA)

William Nicol-rylaan in Johannesburg se naam verander amptelik na Winnie Mandela-rylaan.

Volgens die Johannesburg-metro sal die amptelike bekendstelling op Dinsdag 26 September, wat Madikizela-Mandela se 87ste verjaardag sou wees, plaasvind.

“Om een van ons nasionale ikone te vereer het die Stad Johannesburg, in samewerking met nasionale en provinsiale regering, die herbenaming van William Nicol-rylaan na Winnie Mandela-rylaan goedgekeur,” het die metro aangekondig.

ʼn Resolusie om die naam te verander is reeds in Oktober 2018 voor die Johannesburg-metro aanvaar ná Madikizela-Mandela se dood in April daardie jaar.

Die ANC in Johannesburg het verlede maand weer druk op die metro begin plaas om die naamsverandering deur te druk nadat die kwessie nie aandag geniet het tydens verskeie burgemeestersveranderinge die afgelope paar jaar nie.

Daar was veronderstel om in Maart en April 2021 ʼn proses van openbare deelname te geskied oor die naamsverandering. Dit is egter nie duidelik wanneer die proses toe wel plaasgevind het nie.

Die Johannesburg-metro het ook in September 2018 postuum ereburgerskap aan Madikizela-Mandela toegeken.

Dr. William Nicol (23 Maart 1887 – 22 Junie 1967) was ʼn NG predikant, teoloog, kultuurmens, opvoedkundige en administrateur van Transvaal en het ʼn groot rol in die ontwikkeling van die Afrikaner van die Witwatersrand gespeel. Hy was die tweede voorsitter van die Afrikaner-Broederbond vir die termyn Junie 1924 – 13 Maart 1925.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

groenboer ·

Mens sal later nie meer kan navigeer nie, omdat absoluut alles na Winnie vernoem is.

Johann ·

Ongelooflik! Vergelyk Nicol se CV en nalatenskap met die van die terroris! Maar dan is dit die standaarde van die anargie ANC om te eer en onthou. SIEK

Frikkels ·

Hoekom moet die geskiedenis op hierdie manier herskryf en doodgedruk word? Kan hulle nie ñ ander pad bou waarna sy vernoem kan word nie? Wat nou van William Nicol se baanbrekerswerk. Word dit nou summier in die riool gestort en in plek daarvan word iemand wat niks met baanbrekerswerk aan die witwatersrand te doen gehad het nie, nou ten koste van ñ ikoon vereer?

Kokerboom ·

Rerig?! Koste implikasies tewl geen punte vir die regime. Die sinnelose aksies sal nou kop uitsteek voor verkiesing vir “point scoring”

Euodia ·

Net weer ‘n klomp geld mors! Wat sal dit aan die verbetering van die land doen. Klomp dBase.????

Hendrik ·

En daar is al die potholes nou weg in William Nicol rylaan, mooi man.

Andrè ·

Hoekom, wat het sy vir die land gedoen behalwe gedreig om hom aan die brand te steek,kan di geld nie beter gebruik word vir haar mense wat honger en huisloos is nie

melaney ·

Ek kan aan baie name dink vir al die slaggate in Winnie se laan. Mag net nie hier oorvertel nie.

melaney ·

Hulle sal seker gereeld sorg dat alle slaggate gevul word. Winnie sou glad nie van diep gatte gehou het nie.

Debbie ·

Sjoe maar het nie geweet ons land het so baie geld om te mors nie veral as daar nie geld is om potholes wat mense se dood veroorsaak reg te maak nie. En dan word dit nog na n krimineel vernoem

Peetjie ·

AI maar daar is baie geld om op sulke twak tè mors. Hoeveel mense kon nie net baat vind by die geld nie

melaney ·

Kon hulle dit nie eerder “Stompie Drive” genoem het nie? Klink veel beter.

Wakkerslaper ·

PPPFFFT! Maar net nog ‘n terroris pad vol slaggate, wat’s nuut?

Piet ·

Daai pad tussen Steyn City en Diepsloot kan hulle na haar vernoem, dit het ‘n regte rubbish dump geword in plek van ‘n nuwe pad. Ek sien hulle het al die gemors nou weg gery en weer aan die pad begin werk na seker omtrent 10 jaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.