Podlitiek: Thuli se Twitter bekgeveg, Tucker Carlson by FOX weg

Opgestel deur die Podlitiek-span

In hierdie week se Podlitiek-episode bespreek Ernst van Zyl en Paul Maritz die week se nuus. Professor Thuli Madonsela van die Universiteit Stellenbosch het in ʼn persoonlike aanval op haar Twitter-rekening die studente-organisasie Studenteplein, sowel as Podlitiek-lid Frederik van Dyk direk getakel. Wat verklap dit oor die ondersoek na nepotisme wat tans aan die gang is? Die paneel loer ook na die skielike vertrek van Fox News-aanbieder Tucker Carlson, en wonder wat werklik agter die storie steek.

Hierdie kwessies en ander vrae op Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Paul Maritz, Ernst van Zyl, Frederik van Dyk, Reiner Duvenage en Arno Roodt.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Afrikaners wat Madonsela so bewonder se oë sal nou oopgaan.

Andre ·

Wel, dit het niks verander aan my opinie van Thuli nie. Ernst se weergawe is maar half eensydig….

Lourens ·

Tucker Carlson bespreking: Kredietwaardig of geloofwaardig?

Andre ·

Nie een van die twee nie- te ekstreem en vol halwe waarhede selfs vir Rupert Murdoch

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.