Die wenner stap weg met ʼn platekontrak van R1 miljoen by Coleske Artists Management.
Lees meerAlles vir Vrydag 24 November 2023
Prasa keer R9 miljoen se bedrieglike betalings
‘n Interne ondersoek het bykomende bedrieglike transaksies deur dieselfde persoon ter waarde van byna R25 miljoen onthul.
Ergste onrus in dekades in Dublin, sê polisie
“Wat ons gisteraand gesien het, was buitengewone geweld. Dit is tonele wat ons in dekades nie gesien het nie.”
6 000 sal werk verloor en 420 poskantore sluit
“Dit is ʼn absolute katastrofe. Hierdie ingryping sal ons werkloosheidskrisis vererger.”
Israel-gyselaars glo aan Egipte oorgegee
ʼn Eerste groep van 13 vroue en kinders wat gyselaar gehou is, sal na verwagting Vrydag na Israel terugkeer. Twaalf Thaise burgers is ook vrygelaat.
Verhoorafwagtendes ontsnap in Noordwes
“Die persone, tussen 18 en 56 jaar oud, het ten tye van die voorval tereg gestaan op aanklagte wat strek van huisroof en die besit van gesteelde eiendom tot roof met verswarende omstandighede, moord, poging tot verkragting en roof.”
Verpleegsters geskors wat pasiënt verwaarloos
Die verpleegsters is voorlopig geskors hangende ondersoek na hul versuim om behoorlik na ʼn minderjarige kind in hul sorg om te sien.
Politieke herskikking ‘soos in 1980’ op pad
“Politieke partye gaan hierdie geveg nie alleen wen nie, juis omdat volgende jaar se verkiesing deel vorm van ʼn bedelingsomwenteling.”
Wapenstilstand: ‘Konflik nog lank nie verby’
In dié stadium hang ʼn moontlike verlenging van die wapenstilstand grootliks van Hamas af en dié organisasie se bereidwilligheid om nog gyselaars vry te laat.
Karpowership kry groen lig vir Saldanhabaai-projek
Die 320 MW-aanleg is een van drie drywende gaskragsentrales wat in 2021 voorkeurbieërstatus in die regering se onafhanklike kragprodusenteverkrygingsprogram gekry het.
Fase 6-beurtkrag: Noodreserwes moet aangevul word
Die kragvoorsiener het vroeër gesê ’n tekort aan opwekkingsvermoë en noodreserwes het hom genoop om drasties die fase te verhoog.
‘Rowers’ skiet ma voor tienerdogter dood
Die polisie ondersoek ʼn klag van moord nadat ’n enkelma van Noordwes deur twee rowers voor haar 15-jarige dogter doodgeskiet is.
Gesinstragedie: Pa het ‘nie besef’ hy ry oor ma
“Hy het die heeltyd bly bid dat sy nie iets moet oorkom nie. ‘Ek sal nie sonder haar kan leef nie, sy is my alles,’ het hy gepleit. Toe hy hoor sy is dood, het hy dadelik in sy kar geklim en na die mynskag gery. Hy het sy kar langs die pad gelos, ingegaan, opgegaan en afgespring….”
Parool vir Pistorius; June glo nie hy is gerehabiliteer
June Steenkamp sê egter in haar slagofferimpakverklaring sy het Pistorius lankal vergewe dat hy haar kind se lewe geneem het, “aangesien ek geweet het dat ek nie sou kon oorleef as ek aan my woede moes vasklou nie”.
Toets vakansiewinskopies met dié vyf wenke
Deur vooruit te beplan, aanpasbaar maar ook waaksaam te wees, kan jy buitengewone besparings op onvergeetlike wegbreekbestemmings ontdek.
‘Limonadestalletjies dalk?’ Wes-Kaap vies oor toewysing vir staatsamptenare
Die DA is gekant teen die miljard rand se besnoeiings wat die nasionale tesourie aan die Wes-Kaap se begroting wil aanbring, en meen die provinsiale regering sal slegs staatsamptenare se salarisse kan bekostig as hy langs die pad limonadestalletjies oprig om die tekorte aan te vul.
‘Diepe Waters’ se Liam maak golwe met debuutenkelsnit
As akteur het die 20-jarige reeds heelwat op sy kerfstok, maar nou toets hy ook die musiekbedryf se waters.
Gedig: Wys my die plek
“Wys my die plek waar ons saam geloop het, eens, toe jy myne was.” Lees C Louis Leipoldt se gedig, “Wys my die plek”.
Luister: Stigmas rondom alkoholmisbruik, verslawing
“Ons moenie moed opgee op mense wat alkoholprobleme ervaar nie.”
Paris Hilton ʼn babadogtertjie ryker
Die naam London pryk op die pienk hempie met sy skattige kragie.