Ondernemings wat kragaanlegte op skepe bou, soos die Turkse maatskappy Karpowership, se opwekkingskapasiteit is nie meer gewaarborg om by die kragnetwerk geïntegreer te word nie omdat hy en ander kragverskaffers Eskom se sperdatum vir integrasie tot die netwerk misgeloop het.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Karpowership"
Karpowership kry groen lig vir Saldanhabaai-projek
Die 320 MW-aanleg is een van drie drywende gaskragsentrales wat in 2021 voorkeurbieërstatus in die regering se onafhanklike kragprodusenteverkrygingsprogram gekry het.
Omgewingsgoedkeuring vir kragskepe by Richardsbaai
Die toekenning van kontrakte het egter gepaard gegaan met groot teenkanting vanweë nie net die enorme koste daaraan verbonde nie – dit gaan Suid-Afrika na raming meer as R200 miljard oor ʼn tydperk van 20 jaar kos – maar ook vanweë die uitwerking daarvan op die omgewing en veral op kleinskaalse vissers.
‘Mantashe moet Karpowership as voorkeur-bieër verwerp’
Ná skokkende bewerings van onregmatige invloed en ʼn quid pro quo-manipulasie om permitte en beheer van gasterminale te bekom, is Karpowership se posisie as ʼn voorkeur-bieër vir die RMIPPP nou wettiglik onhoudbaar.
Karpowership se wildsplaas-aanbod ‘astrante omkopery’
Een van die moeilikste hekkies vir Karpowership om te oorkom is omgewingsgoedkeuring en die aanbod om ʼn wildsplaas te koop en aan die regering te skenk om dié pad meer gelyk te help maak, is uit verskeie oorde skerp gekritiseer.
Karpowership gee wildplaas om druk te verminder
“Die hawe by Richardsbaai skep unieke omstandighede waar dié aktiewe nywerheidshawe, wat grootliks vir steenkooluitvoer gebruik word, in ʼn riviermond funksioneer.”
Wes-Kaap sê ‘nee’ vir Karpowership
“Karpowership behoort nie die monopolie gegee te word nie,” sê die Wes-Kaapse premier Alan Winde.
Karpowership: Kragskepe kan steeds omgewingstudies indien
Kragskepe van die Turkse maatskappy Karpowership kan moontlik die groen lig kry van die Suid-Afrikaanse regering. Daar is egter nog verskeie hekkies wat oorkom moet word.
Heen-en-weerdery oor Karpowership mors kosbare tyd
“Na vier jaar kon Karpowership nie daarin slaag om ’n korttermynoplossing vir die elektrisiteitskrisis te bied nie.”
Saldanha sê weer ‘nee dankie’ vir Karpower
“Ons is almal desperaat vir bietjie elektrisiteit, maar ons kan nie net agteroorsit en ons regering toelaat om die land in enige ooreenkoms te wikkel wat elektrisiteit onbekostigbaar kan maak nie.”
Karpowership kán help, maar kontrak moet veel korter
“Ons verwelkom Ramokgopa se standpunt teen die absurditeit van ʼn 20 jaar lange meulsteen om die nek van Suid-Afrikaners,” sê die DA.
Karpowership: ‘R200 miljard vir een minder beurtkragfase klop nie’
“Dit lyk of die ANC-regering haastig is om Suid-Afrikaners aan ’n belaglike kontrak te bind wat nie die voortslepende elektrisiteitsopwekkingstekort die hoof sal bied nie.”
Karpowership kry toegang tot drie hawens
Die departement van vervoer sê Transnet se nasionale haweowerheid is geraadpleeg “en het die goedkeuring van die aansoek [tot hawespasie] ondersteun”.
Karpowership: ‘Kontrak vir twee dekades mos nie noodkrag’
Sommige kenners sê dit lyk of die regering reeds besluit het om die kragkrisis as verskoning te gebruik om ʼn peperduur Karpowership-kontrak van 20 jaar op Suid-Afrikaners af te dwing.
Beurtkrag: ‘Regering het nie misluk,’ sê Ramaphosa
As dit van hom afgehang het sou pres. Cyril Ramaphosa kragskepe na Suid-Afrika laat kom het vir die opwekking van noodkrag terwyl ander alternatiewe ingestel word.
Nuwe rampregulasies ‘niksseggend’
Die regulasies oor die nuwe nasionale ramptoestand oor die kragkrisis is pas bekend gemaak, maar ʼn kenner sê daar is haas niks in dié regulasies wat nie ieder geval vantevore moontlik was nie.
Sommige Saldanhabaaiers steun wél Karpowership
Die omstrede maatskappy, wat fossielbrandstowwe gebruik om krag op skepe op te wek, voer aan hy gaan 240 werksgeleenthede in die Weskusdorp skep.
Uitspraak oor kragskepe verwelkom
Karpowership sal wel nou toegelaat word om sy aansoek te wysig en dit opnuut in te dien.
Outa hof toe oor lisensies vir Karpowership
Die organisasie sê dit lyk of Nersa die finansiële belange van die Karpowership-maatskappye bo dié van Suid-Afrikaners en die plaaslike ekonomie stel.
Departement ‘buig agteroor’ vir omstrede kragskepe
Die spertyd vir die finansiële sluiting van die ooreenkoms vir die noodverkryging van krag word klaarblyklik weer uitgestel en al hoe meer vrae ontstaan oor die vraag of die proses eintlik reeds in duie gestort het.